Lublin

Lublin is die administratiewe hoofstad van die gelyknamige woiwodskap in die ooste van Pole en ook die grootste Poolse stad oos van die Wisła-rivier. Met 'n bevolking van meer as 350 000 is Lublin tans die negende grootste stad in die land. Dit is sowat 150 kilometer suidoos van Warskou en sowat 180 kilometer noordwes van die Oekraïense stad L'viv (Lemberg) geleë. Vier universiteite is in Lublin gesetel.

Lublin

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Pole Pole
 Woiwodskap Lublin
 Koördinate 51°14′N 22°34′O
 Stigting (eerste verwysing) 12de eeu
 Stadstatus 1317
 Oppervlakte:  
 - Totaal 147,5 vk km
 Hoogte bo seevlak 163-238 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2009) 350 462
 - Bevolkingsdigtheid 2 377/vk km
 - Agglomerasie 564 000
 Tydsone MET (UTC +1)
 - Somertyd MEST (UTC +2)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -
 - Gem. temp. Januarie/Julie -
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae - mm
 Burgemeester Krzysztof Żuk
 Amptelike Webwerf um.lublin.pl
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.