Lozi
Lozi (siLozi) is 'n Bantoetaal wat in Zambië deur 'n halfmiljoen mense gepraat word. Die taal word in 'n mindere mate ook in Zimbabwe en in die Kaprivistrook in Namibië gepraat. In Namibië word Lozi as 'n nasionale taal erken.
.svg.png.webp)
Verspreiding van Lozi in Namibië volgens die 2011-sensus:
Lozi siLozi | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |
Gebied: | Wes-Zambië Kaprivistrook | |
Totale sprekers: | 721 000[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Suid Sotho-Tswana Lozi | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | loz | |
ISO 639-3: | loz | |
Lozi is ook onder ander name bekend, waarvan siLozi die bekendste is.
Tswana, wat in Botswana en Suid-Afrika gepraat word, is naby verwant aan Lozi. Binne die Bantoetale maak Lozi deel uit van die Sotho-Tswana-taalfamilie.
Voorbeelde
Afrikaans | Lozi |
---|---|
Januarie | Sope |
Februarie | Yowa |
Maart | Liatamanyi |
April | Lungu |
Mei | Kandao |
Junie | Mbuwana |
Julie | Sikulu |
Augustus | Muyana |
September | Muimunene |
Oktober | Yenda |
November | Njimwana |
Desember | Ñulule |
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Lozi" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 11 September 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.