Louriersuikerbos

Die louriersuikerbos (Protea laurifolia) is 'n klein boomprotea wat voorkom in die Wes-Kaap in bergfynbos en is endemies en beperk tot die westelike berghange vanaf Nieuwoudtville tot Franschhoek en Anysberg waar dit deel vorm van die fynbos-bioom. Die plant is op die SANBI-rooilys as veilig gelys. Die struik groei regop en word 8 m hoog en blom van April tot November. Die boom het blougroen blare met 'n harde rand.

Louriersuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. laurifolia
Binomiale naam
Protea laurifolia
Thunb., 1806
Sinonieme
  • Protea comigera Stapf
  • Protea lepidocarpon Sims
  • Protea marginata Thunb.
  • Protea melaleuca R.Br.
  • Protea nigrita DC. ex Meisn.
  • Scolymocephalus marginatus Kuntze
  • Scolymocephalus melaleucus (R.Br.) Kuntze

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige of granietgrond op hoogtes van 400 - 1 200 m.

Die boom se FSA-nommer is 90.2[1].

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.