Lorenzo di Credi
Lorenzo di Credi (ca. 1459 – 12 Januarie 1537) was 'n Italiaanse Renaissance-skilder en beeldhouer. Hy was een van Leonardo da Vinci se invloede, alhoewel hy later self deur Leonardo beïnvloed is.
Lorenzo di Credi | |
---|---|
Gebore | ca. 1459 Florence, Italië |
Sterf | 12 Januarie 1537 Florence, Italië |
Nasionaliteit | Italiaans |
Veld | Skildery, beeldhoukuns |
Opleiding | Andrea del Verrocchio |
Beweging | Renaissance, Florentynse skool |
Werke | Aanbidding van die Kind |
Beïnvloed deur | Leonardo da Vinci |
Beïnvloed | Leonardo da Vinci |
Lorenze is in Florence gebore, waar hy later in Andrea del Verrocchio se werkswinkel sou werk. Na dié se dood, het hy die bestuur van die werkswinkel behartig. Hy het die Madonna di Piazza (vir die Pistoia-katedraal) namens die werkswinkel voltooi.
Tussen sy vroeë werke is 'n Mariaboodskap (in die Uffizi-galery in Florence), 'n Madonna met Kind en Aanbidding van die Kind. Sy latere werke, soos die Kruisiging en Madonna en die Heiliges is deur Fra Bartolomeo, Perugino en 'n jong Rafaël beïnvloed.
Di Credi se werke het onlangs aandag getrek toe akademici opgemerk het dat daar 'n gelykenis tussen die Mona Lisa (deur Leonardo) en Di Credi se portret van die edeldame Caterina Sforza is.
- Portret van Caterina Sforza
- Die Dreyfus-Madonna (word ook soms aan Leonardo toegeskryf)
- Aanbidding van die Kind
Bronnelys
Wikimedia Commons bevat media in verband met Lorenzo di Credi. |
- Hobbes, James R. (1849). Picture collector's manual; Dictionary of Painters (volume II). T. & W. Boone, 29 Bond Street, London; Digitized by Googlebooks (2006) from Oxford library. p. 153.