Lord’s
Die Lord’s-krieketveld (afgekort as Lord’s) is 'n bekende krieketstadion in St John's Wood, 'n wyk in die Engelse hoofstad Londen. Die stadion bied sitplek vir 30 000 toeskouers en word deur die Marylebone Krieketklub (MCC) besit. Lord’s word dikwels The Home of Cricket ("die tuiste van krieket") genoem.[2]
![](../I/Lord's_Cricket_Ground_Grand_Stand.jpg.webp)
Lord’s-krieketveld | ||
![]() | ||
Bynaam | Lord’s | |
---|---|---|
Volle naam | Lord’s-krieketveld | |
Ligging | St. John’s Wood, Londen | |
Koördinate | 51°31′45.84″N 0°10′21.72″W | |
Eienaar | Marylebone Krieketklub (1814–hede) Middlesex (1877–hede) | |
Kapasiteit | 30 000[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1814 | |
Huurders | ||
Engelse nasionale krieketspan |
Lord’s is ook die tuiste van die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) sowel as die Europese Krieketraad (ECC). Dit is die tuiste van die Internasionale Krieketraad (IKR) se hoofkantoor, maar die IKR se administratiewe kantore is in 2005 na Doebai verskuif.
Die oudste sportmuseum ter wêreld is op Lord’s geleë en huisves onder ander die bekende urn van Die As-kompetisie.[3]
Behalwe krieket kan hier ook ander sportsoorte soos bofbal, tennis en boogskiet beoefen word. Byvoorbeeld is Lord’s tydens die 2012-Olimpiese Spele vir boogskiet ingespan.
Geskiedenis
![](../I/Lords_Wall.jpg.webp)
Oor die jare was daar al drie Lord’s-krieketvelde. Die oorspronklike een in deur Thomas Lord in 1787 op Dorset Square in Marylebone ('n wyk in Londen) gestig. Die eerste gewone krieketwedstryd wat op Lord’s gespeel is, was 'n jaarlikse wedstryd tussen die skole Eton College en Harrow School in 1805. In 1810 is Lord’s na 'n park verplaas, en in 1814 moes hulle weer trek omdat daar 'n kanaal gegrawe moes word. Sedert 1814 is Lord’s op sy huidige plek.
Die eerste toetswedstryd wat hier gespeel is, het op 21 Julie 1884 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Die eerste internasionale eendagwedstryd (EDI) het op 26 Augustus 1972 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Lord’s is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. Vervolgens is op Lord’s vyf krieketwêreldbekereindstryde aangebied, meer as op enige ander krieketveld.[4] In 2009 is die veld vir die IKR se WêreldTwintig20 gebruik en het dit ook die eindstryd tussen Pakistan en Sri Lanka aangebied.
Wedstryde
Krieketwêreldbeker 1975
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1975.
t |
||
Dennis Amiss 137 (147) Syed Abid Ali 2/58 (12 boulbeurte) |
Gundappa Viswanath 37 (59) Peter Lever 1/16 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Krieketwêreldbeker 1979
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1979.
t |
||
Graham Gooch 53 (96) Trevor Laughlin 2/38 (9.1 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 1983
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1983.
t |
||
Zaheer Abbas 83* (104) Bob Willis 2/24 (12 boulbeurte) |
Graeme Fowler 78* (151) Rashid Khan 1/19 (7 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Kim Hughes 69 (124) Malcolm Marshall 2/36 (12 boulbeurte) |
Viv Richards 95* (117) Rodney Hogg 1/25 (12 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Krieketwêreldbeker 1999
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1999.
t |
||
Romesh Kaluwitharana 57 (66) Alan Mullally 4/37 (10 boulbeurte) |
Alec Stewart 88 (146) Chaminda Vaas 1/27 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Mark Waugh 104 (120) Neil Johnson 2/43 (8 boulbeurte) |
Neil Johnson 132* (144) Paul Reiffel 3/55 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Adam Gilchrist 54 (36) Saqlain Mushtaq 1/21 (4.1 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
T20I-wêreldbeker 2009
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: T20I-wêreldbeker 2009.
t |
||
Luke Wright 71 (49) Ryan ten Doeschate 2/35 (4 boulbeurte) |
Tom de Grooth 49 (30) James Anderson 3/23 (4 boulbeurte) |
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Kamran Akmal 41 (30) Pieter Seelaar 2/36 (4 boulbeurte) |
Alexei Kervezee 21 (29) Shahid Afridi 4/11 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Brendon McCullum 57 (54) Roelof van der Merwe 2/14 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Tillakaratne Dilshan 46 (39) Saeed Ajmal 2/26 (4 boulbeurte) |
Younis Khan 50 (37) Lasith Malinga 3/17 (4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Yuvraj Singh 67 (43) Dwayne Bravo 4/38 (4 boulbeurte) |
Dwayne Bravo 66* (36) Irfan Pathan 1/9 (2 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Mahela Jayawardene 78 (53) Alex Cusack 4/18 (3 boulbeurte) |
John Mooney 31* (21) Lasith Malinga 2/19 (4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Kevin Pietersen 46 (27) Harbhajan Singh 3/30 (4 boulbeurte) |
Yusuf Pathan 33 (17) Graeme Swann 2/28 (4 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 2019
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2019.
t |
||
Haris Sohail 89 (59) Lungi Ngidi 3/64 (9 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Aaron Finch 100 (116) Chris Woakes 2/46 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Usman Khawaja 88 (129) Trent Boult 4/51 (10 boulbeurte) |
Kane Williamson 40 (51) Mitchell Starc 5/26 (9.4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Imam-ul-Haq 100 (100) Mustafizur Rahman 5/75 (10 boulbeurte) |
Shakib Al Hasan 64 (77) Shaheen Afridi 6/35 (9.1 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Henry Nicholls 55 (77) Chris Woakes 3/37 (9 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Fotogalery
- 'n Wedstryd op Lord’s.
- Die futuristiese mediasentrum.
- Lord’s-pawiljoen, 'n ou gebou uit 1880, later herbou.
- Engeland teen Nieu-Seeland in Mei 2004.
- Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s
- Lord’s tydens die Olimpiese Somerspele 2012.
Verwysings
- (en) "The many shapes of England's cricket stadiums". BBC. Besoek op 18 Desember 2021.
- (en) "Lord's". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Desember 2021.
- (en) "MCC Museum – Geskiedenis". Lord’s. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2007.
- (en) "Lord's to host record 5th final in 2019 World Cup". India TV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 22 Julie 2019.
- (en) "Australia v West Indies". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Desember 2021.
- (en) "India defy the odds". ESPNcricinfo. 2 Junie 2008. Besoek op 18 Desember 2021.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Lord’s. |
- (en) Lord's se amptelike webtuiste
- (en) Lord’s op ESPNcricinfo
- (en) "Lord's Cricket Ground". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 Desember 2021.