Longembolisme

Longembolisme 'n embolie (afsluiting) van 'n longslagaar (arteria pulmonalis). Dit belemmer die vloei van bloed en die long word nie van voldoende suurstof voorsien nie. Dit het ernstige gevolge vir suurstofopname, maar tot 'n mindere mate vir die aangetaste deel van die long self. Dit word meestal deur bloedklonte veroorsaak, maar kan ook deur klonte kankerselle, vet of been veroorsaak word.

Groot longembolisme by die vertakking van die longslagaar

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Longembolisme
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10I26.0, I26.9
ICD-9415.1
DiseasesDB10956
MedlinePlus  000132
eMedicinemed/1958
Mediese waarskuwing

Simptome sluit in: skielike kortasem, vinnige asemhaling, borspyn en die hoes van bloed. In seldsame gevalle kan dit versnelde hartklop, lae bloeddruk, skok en selfs dood veroorsaak.

Daar is twee kategorieƫ van longembolisme: akute- en chroniese longembolisme. Akute longembolisme is gewoonlik skielik, terwyl chroniese longembolisme langdurig is.

Dit word algemeen met teen-stollingmiddels behandel, wat help dat die bloed nie stol en klonte veroorsaak nie.

Sien ook

Bron

  • KENNIS, 1980, vol 5, bl. 984, ISBN 0 7981 0827 4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.