Loire (rivier)
Die Loire [lwar] (Latyn: Ligara, Ligera, Bretons: Liger) is met sy lengte van 1 012 kilometer die langste rivier in Frankryk. Die Loire het sy oorsprong by die Mont Gerbier-de-Jonc, 'n bergspits in die département Ardèche (Sentraalmassief), en vloei van daar in noordelike rigting deur Roanne en Nevers, verander sy rigting naby Orléans en vloei in westelike rigting deur Tours om uiteindelik naby Saint-Nazaire (département Loire-Atlantique) in die Atlantiese Oseaan uit te mond.
Loire-rivier | |
---|---|
Die stroomgebied van die Loire. | |
Oorsprong | Sentraalmassief |
Monding | Atlantiese Oseaan |
Stroomgebied | Frankryk |
Lengte | 1 012 km (629 myl) |
Oorspronghoogte | 1 408 m (4 619 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 835,3 m³/s (29 498 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 117 000 km² (45 174 myl²) |
Kaart van die Loire-bekken in Europa. |
'n Aantal Franse départements soos Loire is na die rivier vernoem.
Die Loire se rivierloop in die sentrale gedeelte van die Loirevallei tussen Sully-sur-Loire en Chalonnes is vanweë die groot aantal pragtige kastele in hierdie streek deur UNESCO in 2000 tot wêrelderfenisgebied verklaar.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Loire (rivier).
- (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy