Loeriesfontein
Loeriesfontein is 'n dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika en is 63 km noord-oos van Nieuwoudtville. Die dorp het in 1958 munisipale status verkry. Die R357-streeksroete gaan deur die dorp.
Loeriesfontein | |
---|---|
Blomme in Augustus en September. | |
Loeriesfontein Loeriesfontein se ligging in Noord-Kaap | |
Koördinate: 30°57′7″S 19°26′37″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Hantam |
Stigting | 1894 |
Oppervlak | |
• Totaal | 34,46 km2 (13,31 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 744 |
• Digtheid | 80/km2 (200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 11.0% |
• Bruin mense | 86.3% |
• Swart mense | 2.0% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 98.7% |
• Ander | 1.3% |
Poskode (strate) | 8185 |
Skakelkode | 027 |
Distrik
Die belangrikste ekonomiese bedryf in die distrik is skaapboerdery en koring word ook verbou. Sout word ook in die distrik ontgin. Op 13 Februarie 1951 is Suid-Afrika se eerste aangetekende vierling, die Lombard-vierling, hier gebore.
Bronne
- Louw, Eli: Oor my pad - 'n outobiografie. Potchefstroom: Andcork Uitgewers, 2009. ISBN 0-7992-3451-8
- B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Eric Rosenthal: Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967.
Verwysings
- "Hoofplek Loeriesfontein". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.