Lobostemon

Lobostemon (agtdaegeneesbosse) is 'n genus wat hoort tot die familie boraginaceae. Die genus is struike of klein bossies wat gewoonlik harerig is. Die blomme is silindries of tregtervormig en gewoonlik blou tot pienk maar selde wit of rooi. Die genus groei in winterreƫnval en bestaan uit 28 spesies, wat almal deel van die fynbos vorm. Die genus is endemies aan Suid-Afrika.

Lobostemon
Lobostemon marlothi
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Boraginales
Familie: Boraginaceae
Genus: Lobostemon
Lehm.
Spesies

Sien teks

Sinonieme[1]
  • Echiopsis Rchb.
  • Isorium Raf.
  • Lobostema Spreng.
  • Oplexion Raf.
  • Penthysa Raf.
  • Traxara Raf.

'n Konkoksie van die plante was gebruik as 'n anti-septiese middel.

Spesies

Bron

  • Field Guide to Fynbos, John Manning, Struik Nature, 2018 ISBN 978 1 77584 590 4

Verwysings

  1. "Lobostemon". Global Biodiversity Information Facility (in Engels). Besoek op 25 Julie 2021.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.