Ljubljana
Ljubljana (Sloweens: [ʎubˈʎa:nʌ], ; Duits soms ook: Laibach; Italiaans: Lubiana; Latyn: Labacum) is die hoofstad en grootste stad van Slowenië met 'n bevolking van 278 789 in 2015 en 'n oppervlakte van 163,8 km². Ljubljana is die kulturele, wetenskaplike, ekonomiese en administratiewe sentrum van die land. Die stad is aan die monding van die Ljubljana-rivier in die Sava, 'n sytak van die Donau, geleë. In 2021 is die werk van Jože Plečnik in Ljubljana as 'n mensgesentreerde stedelike ontwerp deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Ljubljana | |
---|---|
Ligging in Slowenië | Wapen |
Vlag | |
Land | Slowenië |
Koördinate | 46°03′N 14°30′O |
Eerste historiese verwysing | 1144 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 163,8 vk km |
Hoogte bo seevlak | 295 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2015) | 278 789 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 702/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Zoran Janković (PS) |
Amptelike Webwerf | ljubljana.si |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ljubljana.
- (en) Toerisme-inligting oor Ljubljana op Wikivoyage
- Amptelike webwerf
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
- (en) "Ljubljana". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Julie 2021.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.