Lippeblomsuikerbos
Die Lippeblomsuikerbos (Protea subvestita) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is inheems aan Suid-Afrika en kom voor op die eskarp van die Wakkerstroom in Mpumalanga, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap (tot by Somerset-Oos) en die Klein Swartberg. Die struik is groot en regop, word tot 5 m hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Maart.
Lippeblomsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. subvestita |
Binomiale naam | |
Protea subvestita N.E.Br., 1901 | |
Sinonieme | |
|
Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, vrygelaat na hulle ryp is en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op bergland suurveld en fynbos op hoogtes van 1 200 - 2 300 m.
In Engels staan dit as die Waterlily sugarbush bekend. Die plant se FSA-nommer is 98[1].
Galery
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lippeblomsuikerbos.