Lineêr A

Lineêr A is die moderne benaming van 'n antieke skryfstelsel wat deur mense van die Minoïese beskawing op die eiland Kreta in Griekeland gebruik is.

Lineêr A
Brokstukke van Lineêr A-tablette wat in 'n skuur in Akrotiri, Santorini, ontdek is.
Brokstukke van Lineêr A-tablette wat in 'n skuur in Akrotiri, Santorini, ontdek is.
Soort skryfstelsel  Onontsyfer, vermoedelik 'n lettergreepskrif en ideografies)
Tyd gebruikc. 1800-1000 v.C.
RigtingLinks na regs
StreekKreta
TaleMinoïes (onbekend)
Stelsels
SusterstelselsKretensiese hiërogliewe
Dogterstelsels
ISO 15924Lina, 400
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Lineêr A is 'n lettergreepskrif wat ongeveer 2000 v.C. in gebruik geneem is. Dit word nie ten volle verstaan nie en dit is nie heeltemal seker in watter taal dit geskryf is nie. Die skrif is waarskynlik hoofsaaklik gebruik vir rekeningkunde in die administrasie, wat in die groot paleise gebaseer was. Lineêr A is tot die 15de eeu v.C. gebruik.

Hierdie skrif is voorafgegaan deur die Kretensiese hiërogliewe (waaruit dit blykbaar ontwikkel het) en is deur Lineêr B vervang. Laasgenoemde is gebruik vir tekste in Grieks, maar die taal van Lineêr A was blykbaar anders. Daar word gedebatteer oor die verhouding tussen Lineêr A en Lineêr B; in die verlede is die algemene opinie gehuldig dat Lineêr B uit die vroeëre Lineêr A ontwikkel het, terwyl moderne navorsers ingewikkelder verhoudings oorweeg (dat hulle uit verskillende variëteite van hiërogliewe ontwikkel het).

LInear A is verwant aan die Siprominoïese lettergreepskrif (SM), wat ongeveer 100-200 jaar later op Siprus ontstaan het. Die verhouding tussen hierdie twee is onduidelik; dit is moontlik dat SM uit die hiërogliewe eerder as van Lineêr A ontwikkel het.

Die Suid-Afrikaanse taalkundige Maurice Pope het 'n korpus van inskripsies van Lineêr A (in samewerking met Jacques Raison) voorberei, wat later in België gepubliseer is.

Lineêr A
*01-*20 *21-*30 *31-*53 *54-*74 *76-*122 *123-*306
DA

*01

QI

*21

SA

*31

WA

*54

*76

*123

RO

*02

*21f

*34

*55

KA

*77

*131a

PA

*03

*21m

TI

*37

PA3

*56

QE

*78

*131b

TE

*04

MI?

*22

E

*38

JA

*57

WO2?

*79

*131c

*05

*22f

PI

*39

SU

*58

MA

*80

*164

NA

*06

*22m

WI

*40

TA

*59

KU

*81

*171

DI

*07

MU

*23

SI

*41

RA

*60

*82

*180

A

*08

*23m

KE

*44

O

*61

*85

*188

S

*09

NE

*24

*45

JU

*65

*86

*191

*10

RU

*26

*46

TA2

*66

TWE

*87

*301

*11

RE

*27

*47

KI

*67

*100/

*102

*302

ME

*13

I

*28

*49

TU

*69

*118

*303

QA2

*16

*28b

PU

*50

*70

*120

*304

ZA

*17

*29

DU

*51

MI

*73

*120b

*305

ZO

*20

NI

*30

*53

ZE

*74

*122

*306

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.