Lindiwe Sisulu
Lindiwe Nonceba Sisulu (gebore 10 Mei 1954) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, sedert 1994 'n lid van die parlement en die African National Congress (ANC) se Nasionale Uitvoerende Komitee, en van Mei 2019 tot Augustus 2021 minister van menslike nedersettings, water en sanitasie in die tweede kabinet van Cyril Ramaphosa,[1] en tans minister van toerisme.
Lindiwe Sisulu | |
Lindiwe Sisulu in 2018 | |
Minister van Toerisme | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Augustus 2021 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mmamoloko Kubayi-Ngubane |
Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie | |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 5 Augustus 2021 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Nomaindia Mfeketo en Gugile Nkwinti |
Opgevolg deur | Mmamoloko Kubayi-Ngubane (Menslike Nedersettings) Senzo Mchunu (Water en San.) |
Ampstermyn 27 Februarie 2018 – 29 Mei 2019 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Maite Nkoana-Mashabane |
Opgevolg deur | Naledi Pandor |
Minister van Menslike Nedersettings | |
Ampstermyn 26 Mei 2014 – 26 Februarie 2018 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Connie September |
Opgevolg deur | Nomaindia Mfeketo |
Minister van Staatsdiens en Administrasie | |
Ampstermyn 12 Junie 2012 – 25 Mei 2014 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Roy Padayachie |
Opgevolg deur | Collins Chabane |
Minister van Verdediging en Militêre Veterane | |
Ampstermyn 10 Mei 2009 – 12 Junie 2012 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Charles Nqakula |
Opgevolg deur | Nosiviwe Mapisa-Nqakula |
Minister van Behuising | |
Ampstermyn 29 April 2004 – 10 Mei 2009 | |
President | Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe |
Voorafgegaan deur | Rob Davies |
Opgevolg deur | Tokyo Sexwale |
Minister van Intelligensie | |
Ampstermyn 24 Januarie 2001 – 28 April 2004 | |
President | Thabo Mbeki |
Voorafgegaan deur | Joe Nhlanhla |
Opgevolg deur | Ronnie Kasrils |
Adjunkminister van Binnelandse Sake | |
Ampstermyn 1996 – 2001 | |
President | Nelson Mandela Thabo Mbeki |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 10 Mei 1954 Johannesburg, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Sisulu dien in die kabinette van Jacob Zuma van 2004 tot 2009 as minister van behuising, van 2009 tot 2012 as minister van verdediging en militêre veterane, van 2012 tot 2014 as minister van staatsdiens en administrasie, van 2014 tot 2018 as minister van menslike nedersettings, en in die eerste kabinet van Cyril Ramaphosa van 2018 tot 2019 as minister van internasionale betrekkinge en samewerking.
Lindiwe Sisulu is die dogter van Albertina Thetiwa en Walter Sisulu, in lewe beide prominente anti-apartheidaktiviste van die ANC. Sy is die suster van die joernalis Zwelakhe Sisulu en die politikus Max Sisulu, albei ANC-lede.
Dagvaarding deur die Stad Johannesburg
In April 2019 word Sisulu deur die Johannesburgse Metro gedagvaar vir die vereffening van 'n water-en-elektrisiteitrekening wat R537 000 beloop het by een van haar wonings in Bellevue, Johannesburg. Volgens die Sunday Times het Sisulu hierdie rekening tussen 2010 en 2014 opgeloop terwyl sy minister van menslike nedersettings was. 'n Senior amptenaar in die stadsraad wat verbonde is aan die ANC het Sisulu se skuld aan die stadsraad in 2015 onwettig gekanselleer, wat Sisulu in staat gestel het om 'n belastingsertifikaat te ontvang sodat sy die huis kon verkoop.[2][3]
Verwysings
- "Só wil Sisulu water en sanitasie regruk". Maroela Media. 17 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2019. Besoek op 19 Julie 2019.
- Lourens, Mariné (22 April 2019). "Sisulu gaan dagvaarding oor kragrekening teenstaan". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2019. Besoek op 22 April 2019.
- "Minister sued for R537,000 in unpaid water and electricity bills". MyBroadband (in Engels). 21 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2019. Besoek op 22 April 2019.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lindiwe Sisulu.
- Lindiwe Sisulu op Twitter
- Lindiwe Sisulu op People's Assembly
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Nomaindia Mfeketo en Gugile Nkwinti |
Minister van Menslike nedersettings, water en sanitasie 2019–2021 |
Opgevolg deur pos afgeskaf |
Voorafgegaan deur Maite Nkoana-Mashabane |
Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking 2018–2019 |
Opgevolg deur Naledi Pandor |
Voorafgegaan deur Connie September |
Minister van Menslike nedersettings 2014–2018 |
Opgevolg deur Nomaindia Mfeketo |
Voorafgegaan deur Roy Padayachie |
Minister van Staatsdiens en -administrasie 2012–2014 |
Opgevolg deur Collins Chabane |
Voorafgegaan deur Charles Nqakula |
Minister van Verdediging 2009–2012 |
Opgevolg deur Nosiviwe Mapisa-Nqakula |
Voorafgegaan deur Rob Davies |
Minister van Behuising 2004–2009 |
Opgevolg deur Tokyo Sexwale |
Voorafgegaan deur Joe Nhlanhla |
Minister van Intelligensie 2001–2004 |
Opgevolg deur Ronnie Kasrils |