Limaçon
In wiskunde is limaçons (uitgespreek met 'n sagte c), ook bekend as limaçons van Pascal, hartvormige wiskundige kurwes. Die kardioïed is 'n spesiale geval, met 'n skerp punt of spits.
![](../I/Limacon1.png.webp)
Limaçon in blou met a = 150, b = 150 en h = 100. Die geel sirkel rol sonder om te gly om die pienk sirkel en trek die blou Limaçon af op die punt van die groen straal uit die middelpunt van die geel sirkel
Hulle kom voor in polêre koördinate in die vorm
en
Die term is afkomstig van die Latynse woord limax wat "slak" beteken.
Geskiedenis
Formele navorsing oor limaçons word toegeskryf aan Étienne Pascal, vader van Blaise Pascal. Ondersoeke is egter reeds vroeër deur die Duitse Renaissance kunstenaar, Albrecht Dürer begin. Dürer se Underweysung der Messung (Instruction in Measurement), bevat spesifieke meetkundige metodes vir die teken van limaçons.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Limacon. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.