Liguriese See
Die Liguriese See (Frans: Mer Ligurienne, Italiaans: Mar Ligure, Latyns: Mare Ligusticum) is 'n see van die Middellandse See tussen Korsika in die suide, Frankryk en Monaco in die noordweste en Italië in die noorde en ooste. Die see grens in die noordweste aan die Franse Riviera, in die noorde aan Ligurië, in die ooste aan Toskane en in die suidooste aan die Tirreense See.[1] Die see is genoem ná die antieke volk van die Liguriërs.
Liguriese See | |
---|---|
![]() 'n Uitsig oor Monaco aan die Liguriese See | |
![]() Kaart van die Liguriese See | |
Koördinate: | 43°30′N 9°00′O |
Ligging: | Frankryk, Italië |
Soort: | See van die Middellandse See |
Maksimum diepte: | 2 850 m (9 300 vt) |
Eiland/e: | Elba, Korsika |
Nedersettings: | Cannes, Genua, La Spezia, Monaco, Nice |
Belangrikste nedersettings aan die see is Cannes, Genua, La Spezia, Monaco en Nice.
Verwysings
- "Ligurian Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 20 Julie 2017.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Liguriese See.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.