Lewensfunksies
Bioloë het sewe funksies geïdentifiseer wat alle lewende organismes moet doen om aan die lewe te bly. Die sewe basiese lewensfunksies (of biologiese prosesse) word as kriteria gebruik wanneer besluit moet word of iets lewendig is of nie.
Lewensfunksies
Voeding
Energie word uit kos verkry om al die lewensfunksies te verrig.
Asemhaling
Die proses waartydens suurstof ingeneem word en koolstofdioksied afgegee word.
Groei
Dit is nodig sodat organismes die regte grootte bereik, asook om beskadigde en verweerde liggaamselle te vervang.
Beweging
Om van een plek na ander te beweeg by diere, of vir die oop- en toemaak van blomme by plante. Beweging het ook betrekking tot die suksesvolle verwerking van voedsel ingeneem en die ingewande wat korrek moet funksioneer.
Uitskeiding
Om ontslae te raak van afvalprodukte uit die liggaam.
Reaksie op prikkels
Vir beskerming teen gevaarlike situasies.
Voortplanting
Om nuwe weergawes van hulself te produseer.