Slangbossie
Die slangbossie (Leucospermum hypophyllocarpodendron) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucospermum behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom op Piketberg, by Hopefield, die Kaapse Vlakte, Riebeek-Kasteel en die Breederiviervallei. Die struik is klein en word 20 cm hoog en rank meer oor die grond. Die plant dra blomme van Augustus tot Januarie.
Slangbossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucospermum |
Spesie: | L. hypophyllocarpodendron |
Binomiale naam | |
Leucospermum hypophyllocarpodendron (L.) Druce, (1914) | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme | |
|
Subspesies
Die plant het twee subspesies:
- Leucospermum hypophyllocarpodendron subsp. canaliculatum (E.Mey. ex Meisn.) Rourke
- Leucospermum hypophyllocarpodendron subsp. hypophyllocarpodendron
In Engels staan dit as die Grey-snakeskin pincushion bekend.
Sien ook
Verwysings
- Rebelo, A.G.; Raimondo, D.; von Staden, L. (2020). "Leucospermum hypophyllocarpodendron". IUCN Red List of Threatened Species. 2020: e.T113171764A185575949. doi:10.2305/IUCN.UK.2020-3.RLTS.T113171764A185575949.en. Besoek op 19 November 2021.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Slangbossie.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.