Vleigeelbos
Die vleigeelbos (Leucadendron spissifolium subsp. spissifolium) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Gifberg en van die Sederberg tot die Kaapse Skiereiland en Kogelberg tot by Kampscheberg in die Langeberg.
Vleigeelbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. spissifolium |
Subspesie: | L. s. subsp. spissifolium |
Trinomiale naam | |
Leucadendron spissifolium subsp. spissifolium (Salisb. ex Knight) I.Williams | |
Sinonieme | |
|
Die struik word tot 1,3 m hoog en spruit weer uit na 'n brand. Die struik blom van September tot Oktober, daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme (eenslagtig), wat deur klein kewers bestuif word. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe na 'n brand. Die sade het vlerkies en word deur die wind versprei. Die plant groei hoofsaaklik op suidelike hellings in klam sandsteengrond op hoogtes van 0 - 1500 m.
In Engels staan dit as die Common spear-leaf conebush bekend.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vleigeelbos.