Langbeentjie

Die Langbeentjie (Leucadendron procerum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Bokkeveldeskarp, Gifberg, Sederberg tot by die Olifantsrivierberge en die noordelike Sandveld.

Langbeentjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. procerum
Binomiale naam
Leucadendron procerum
(Salisb. ex Knight) I.Williams, 1967
Sinonieme
  • Euryspermum procerum Knight
  • Leucadendron acuminatum H.Buek ex Meisn.
  • Leucadendron concinnum R.Br.
  • Protea concinna Poir.

Die struik word 3 m hoog en blom in Augustus. Die plant vrek in 'n brand maar die saad oorleef. Die saad word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val grond toe na 'n brand. Die saad het vlerkies en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteensand op hoogtes van 300 - 670 m.

Die plant se FSA-nommer is 81.2[1]. In Engels staan dit as die Ivory conebush bekend.

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.