Skugtertolbos

Die skugtertolbos (Leucadendron modestum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom op die Elimvlakte vanaf Stanford en Bredasdorp tot by Agulhas. Die struik word 60 cm hoog en dra blomme in Augustus.

Skugtertolbos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. modestum
Binomiale naam
Leucadendron modestum
I.Williams, 1967

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat na 'n brand en moontlik deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig; daar is manlike en vroulike plante wat voortplant deur die aktiwiteite van klein torre. Die plant groei hoofsaaklik op gelyk gruis of kleigrond op hoogtes van 0-165 m.

In Engels staan dit as die Rough-leaf Conebush bekend.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.