Leucadendron
Leucadendron (tolbosse) is 'n struikgenus wat hoort tot die familie Proteaceae en is die tweede grootste genus van dié familie. Daar is ongeveer 84 spesies wat tot die genus hoort.[1] Die genus is endemies aan Suid-Afrika en vorm deel van die fynbos plantegroei. Die meeste spesies kom in die Wes-Kaap voor. Die Silwerboom is die bekendste spesie in die genus. Die boom se blare het kenmerkende silwer kleur wat veroorsaak word deur digte, reguit, syagtige haartjies. Die naam Leucadendron is van die Silwerboom boom afgelei, dit beteken letterlik wit boom.
Leucadendron | |
---|---|
Leucadendron argenteum | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Subtribus: | Leucadendrinae |
Genus: | Leucadendron |
Spesies | |
Natuurlike voorkoms van die genus | |
Sinonieme | |
|
Beskrywing
Spesies in die genus is klein boompies of struike wat regop groei maar ook kan rank.[2] Die meeste spesies is struike wat ongeveer 1 m hoog word, sommige word 2 tot 3 m hoog. Die blare het meestal 'n elliptiese vorm, sommige is naaldvormig in 'n spiraal georganiseer, is eenvoudig en gewoonlik groen. Sommiges word bedek met 'n wasagtige laag.
Spesies in die genus is tweehuisig, met ander woorde die manlike en vroulike blomme word aan afsonderlike plante gedra. Die vroulike blommetjies sit aan die buitekant van 'n tol, elkeen binne 'n skutblaar. Die manlike blommetjies vorm ʼn digte hofie, wat meestal soos ʼn pompon lyk.
Die blare net onder die blomkoppe vorm dikwels kranse om die blomkoppe en verkleur meestal in die blomtyd na geel, oranje of rooi. Die feit dat die blare rondom die blomkoppe gedurende die jaar verskillende kleure kan aanneem, en die variasie wat daar tussen verskillende eksemplare van dieselfde spesies kan bestaan, is faktore wat die klassifikasie van tolbosse bemoeilik en daar bestaan tans heelwat verwarring oor die taksonomie van hierdie groep plante.
Spesies
- Leucadendron album
- Leucadendron arcuatum
- Leucadendron argenteum
- Leucadendron barkerae
- Leucadendron bonum
- Leucadendron brunioides subsp. brunioides
- Leucadendron brunioides subsp. flumenlupinum
- Leucadendron burchellii
- Leucadendron cadens
- Leucadendron chamelaea
- Leucadendron cinereum
- Leucadendron comosum subsp. comosum
- Leucadendron comosum subsp. homaeophyllum
- Leucadendron concavum
- Leucadendron conicum
- Leucadendron coniferum
- Leucadendron cordatum
- Leucadendron coriaceum
- Leucadendron corymbosum
- Leucadendron cryptocephalum
- Leucadendron daphnoides
- Leucadendron diemontianum
- Leucadendron discolor
- Leucadendron dregei
- Leucadendron dubium
- Leucadendron elimense subsp. elimense
- Leucadendron elimense subsp. nova
- Leucadendron elimense subsp. salteri
- Leucadendron elimense subsp. vyeboomense
- Leucadendron ericifolium
- Leucadendron eucalyptifolium
- Leucadendron flexuosum
- Leucadendron floridum
- Leucadendron foedum
- Leucadendron galpinii
- Leucadendron gandogeri
- Leucadendron glaberrimum subsp. erubescens
- Leucadendron glaberrimum subsp. glaberrimum
- Leucadendron globosum
- Leucadendron grandiflorum
- Leucadendron gydoense
- Leucadendron immoderatum
- Leucadendron lanigerum var. laevigatum
- Leucadendron lanigerum var. lanigerum
- Leucadendron laureolum
- Leucadendron laxum
- Leucadendron levisanus
- Leucadendron linifolium
- Leucadendron loeriense
- Leucadendron loranthifolium
- Leucadendron macowanii
- Leucadendron meridianum
- Leucadendron meyerianum
- Leucadendron microcephalum
- Leucadendron modestum
- Leucadendron muirii
- Leucadendron nervosum
- Leucadendron nitidum
- Leucadendron nobile
- Leucadendron olens
- Leucadendron orientale
- Leucadendron osbornei
- Leucadendron platyspermum
- Leucadendron pondoense
- Leucadendron procerum
- Leucadendron pubescens
- Leucadendron pubibracteolatum
- Leucadendron radiatum
- Leucadendron remotum
- Leucadendron roodii
- Leucadendron rourkei
- Leucadendron rubrum
- Leucadendron salicifolium
- Leucadendron salignum
- Leucadendron sericeum
- Leucadendron sessile
- Leucadendron sheilae
- Leucadendron singulare
- Leucadendron sorocephalodes
- Leucadendron spirale
- Leucadendron spissifolium subsp. fragrans
- Leucadendron spissifolium subsp. natalense
- Leucadendron spissifolium subsp. oribinum
- Leucadendron spissifolium subsp. phillipsii
- Leucadendron spissifolium subsp. spissifolium
- Leucadendron stellare
- Leucadendron stelligerum
- Leucadendron strobilinum
- Leucadendron teretifolium
- Leucadendron thymifolium
- Leucadendron tinctum
- Leucadendron tradouwense
- Leucadendron uliginosum subsp. glabratum
- Leucadendron uliginosum subsp. uliginosum
- Leucadendron verticillatum
- Leucadendron xanthoconus
Verwysings
- https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:331712-2
- Manning, John; Paterson-Jones, Colin (2008). Field Guide to Fynbos. Struik Publishers, Cape Town. p. 254. ISBN 978-1-77007-265-7.