Leto
Leto (Grieks: Λητώ) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy was die godin van onsigbaarheid.
Leto | |
---|---|
![]() Die verkragting van Leto deur Tityos c. 515 v.C. Van Vulci. Leto is derde van links. | |
Naam | Leto |
Godin van | onsigbaarheid |
Blyplek | eiland Delos |
Man | Zeus |
Ouers | Koios en Foibe |
Broers, susters | Asteria |
Kinders | Apollo, Artemis |
Romeinse eweknie | Latona |
Leto was die dogter van die Titane Koios en Foibe (volgens Hesiodus) en die suster van Asteria. Sy is ook die ma van Zeus se tweeling Apollo en Artemis. Ná hul geboorte het sy feitlik van die toneel af verdwyn.
Haar eweknie in die Romeinse mitologie is Latona.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.