Leslie
Leslie is 'n klein dorpie in die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit in Gert Sibande-distriksmunisipaliteit van Mpumalangaprovinsie, Suid-Afrika. Dit is deel van Leandra.
Leslie | |
---|---|
Leslie Leslie se ligging in Mpumalanga | |
Koördinate: 26°21′58″S 28°55′01″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Govan Mbeki |
Hoofplek | Leandra |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,19 km2 (0,85 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 190 |
• Digtheid | 87/km2 (230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 23.2% |
• Indiërs/Asiërs | 4.2% |
• Swart mense | 71.1% |
• Ander | 1.6% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 41.9% |
• Afrikaans | 31.6% |
• Engels | 10.3% |
• Ndebele | 6.6% |
• Ander | 9.6% |
Poskode (strate) | 2265 |
Poskode (posbusse) | 2265 |
Skakelkode | 017 |
Die dorpie is 63 km wes van Bethal, Mpumalanga en 56 km oos-suid-oos van Springs, Gauteng. Dit word geadministreer deur 'n dorpsraad en is op die plaas Brakkefontein uitgelê en in Desember 1939 geproklameer, 'n uitbreiding is in Desember 1957 gemaak. Die dorp is vermoedelik vernoem na Leslie in Fife, Skotland.[2]
Sien ook
Verwysings
- "Subplek Leslie". Sensus 2011.
- "Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)". Human Science Research Council. p. 277.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.