Les Brodrick
Les Brodrick (19 Mei 1921 - 8 April 2013) was 'n vlugluitenant in die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy was die 52ste persoon wat uit die Stalag Luft III kamp via die Harry-tonnel ontsnap het. Hy is saam met twee ander makkers gevang toe hulle in die bitter koue skuiling in 'n huis gesoek het wat vol Duitse soldate was. Sy twee makkers is tereggestel, maar Brodrick is teruggestuur na Stalag Luft III. Hy is op 8 April 2013 in KwaZulu-Natal oorlede. Ander Suid-Afrikaners wat saam met hom ontsnap het is Johannes Gouws en Roger Bushell.
Leslie Brodrick | |
---|---|
Geboortedatum | 19 Mei 1921 |
Geboorteplek | Londen |
Sterfdatum | 8 April 2013 |
Sterfplek | KwaZulu-Natal |
Lojaliteit | ![]() |
Diens/Tak | Britse Lugmag |
Jare in diens | 1939-1945 |
Rang | Luitenant |
Eenheid | 106 Eskader |
Poste beklee | Vlieënier |
Veldslae/oorloë | Tweede Wêreldoorlog |
Bron
- Klip in Hitler se skoen; Rapport; 30 Maart 2014
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.