Leontopolis

Leontopolis (Grieks: Λεόντων πόλις, "Stad van Leeus") was ’n stad van Antieke Egipte. In Egipties is dit Taremoe ("Land van Vis") genoem en vandag is dit bekend as Tell al Moeqdam.

Leontopolis
Koördinate30°41′N 31°21′O
Plaaslike naam Taremoe
Tell al Moeqdam
Land Egipte
SoortNedersetting
Geskiedenis
Gestig23ste Dinastie
Die Nyldelta in Benede-Egipte.

Geskiedenis

Leontopolis was in die sentrale deel van die Nyldelta geleë. Dit was die hoofstad van die 11de nomos (distrik) van Benede-Egipte en was moontlik die middelpunt van die farao se mag tydens die 23ste Dinastie. In sy veroweringstele wat by die Vierde Katarak van die Nyl by Djebel Barkal gevind is, skryf farao Pije van sy oorwinning oor Ioepoet II, wat oor Leontopolis regeer het.

Die Griekse naam beteken "Stad van Leeus" en kom van die tempels vir die leeugode Bastet en Sechmet en hul seun, Maahes die leeuprins. Lewende leeus is tydens die Griekse besetting van Antieke Egipte by die tempel aangehou.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.