Leontios van Bisantium
Leontios (Latyn: Leontivs, Grieks: Λεόντιος; oorl. 15 Februarie 706)[1] was die Bisantynse keiser van 695 tot 698.
Leontios | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Muntstuk wat Leontios uitbeeld. | |
Bewind | 695–698 |
Tydperk | 20 jaar van anargie |
Oorlede | 15 Februarie 706 |
Voorganger | Justinianus II |
Opvolger | Tiberius III |
Leontios is in Isaurië gebore en was ’n soldaat wat vinnig opgang gemaak het. In ’n volksopstand onder sy leiding is die vorige keiser, Justinianus II, van die troon afgesit en Leontios het hom opgevolg. Sy naam was eintlik Leo (Grieks: Λέων, Leōn), maar hy is bekend onder die naam wat in Bisantynse geskrifte gebruik is.
Leontios was ongewild. Hy het militêre operasies vermy en eerder probeer om die ryk te verenig. Nadat die Moslems Kartago in 697 verower het,[2] het die Bisantynse soldate in opstand gekom en generaal Apsimaros as hul leier aangewys.[3] Apsimaros het sy naam na Tiberius III verander en die leër het na Konstantinopel opgeruk en Leontios se bewind in 698 oorgeneem. Leontios is gevange geneem, vermink en later tereggestel.[4]
Verwysings
- Kazhdan, Alexander, ed. (1991), Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, ISBN 978-0-19-504652-6
- Moore, R. Scott, "Leontius (695-698 A.D.)", De Imperatoribus Romanis (1999)
- Bury, J.B., A History of the Later Roman Empire from Arcadius to Irene, Vol. II, MacMillan & Co., 1889
- Norwich, John Julius (1990), Byzantium: The Early Centuries, Penguin, ISBN 0-14-011447-5
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Leontios van Bisantium.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia