Leinster Rugby

Leinster Rugby ((ga) Rugbaí Laighean) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Leinster-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Leinster. Leinster is die suksesvolste van die Ierse spanne.

Leinster
Unie Ierse Rugbyvoetbalunie
Stigting 1879
Stadion RDS Arena, Dublin
Aviva-stadion, Dublin
Kapasiteit 18 500
51 700
Afrigter(s) Vlag van Ierland Leo Cullen
Kaptein(s) Vlag van Fidji Isa Nacewa
Liga(s) Guiness Pro14
2017-’18 Kampioen (2de na rondomtalie)
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 257 Gordon D’Arcy
Meeste punte 1 538 Jonathan Sexton
Meeste drieë 69 Shane Horgan
Amptelike webwerf
www.leinsterrugby.ie

Leinster se tuiswedstryde word op die RDS Arena en die Aviva-stadion, wanneer die RDS nie voldoende is nie,[1] in Dublin gespeel en daar is plek vir onderskeidelik 18 500 en 51 700 toeskouers. Voordat die RDS Arena in 2005 Leinster se tuisveld geword het, was Donnybrookstadion die tuisveld. Die span speel hoofsaaklik in blou en die span se wapen bestaan uit ’n harp, na aanleiding van die vlag van Leinster, binne ’n rugbybal.

Leinster het, soos die ander Ierse spanne, in 1995 professioneel geword en neem sedert 2001 aan die Pro14 en sy verskeie voorgangers (naamlik Pro12, Magners-liga en Keltiese Liga) deel en hulle het daarvoor om die Ierse provinsiale kampioenskap meegeding.[2] ”Leinster A” neem aan die Britse en Ierse Beker deel. Leinster het reeds vier keer die Pro14 gewen en was drie keer die Europese kampioene.

Kleure en wapen

Die vlag van die Provinsie Leinster

Die huidige wapen is in 2005 in gebruik geneem aangesien Leinster Rugby nie kopiereg op die worige wapen gehad het nie. Die nuwe gestileerde wapen is spesifiek vir Leinster Rugby ontwerp omdat dit die harp en ’n rugbybal insluit.[3] Die Leinster Rugby-wapen is te sien op alle ampteliks klubhandelsware, insluitend replikatruie.

Die provinsie se huidige drag is blou met ’n wit harp en twaalf vlootblou lyne wat die twaalf distrikte van Leinster voorstel. Hul sekondêre drag is vir met ’n blou harp en twaalf blou lyne.

Die Leinstertrui bevat ook drie sterre bo die wapen om die drie Europese Beker-titels wat die provinsie tot op hede gewen het, voor te stel.

Tuisvelde

RDS Arena

Leinster se huidige tuisveld is die RDS Arena.[4] Die eerste wedstryde op die RDS Arena is gedurende die 2006-’07-Heinekenbekerseisoen hier gespeel. Teen die volgende seisoen is al die span se wedstryde daarheen verplaas. Sedert Leinster daar begin speel het, is die stadion herontwikkel. Die arena bied plek vir 18 500 toeskouers waarvan die meeste sitplekke is. Aangesien die RDS ’n perdespringarena bly, kan die noordelike en suidelike paviljoene verwyder word. ’n dak is gebou om die hoofpaviljoen oorkant die voorafbestaande Angleseapaviljoen te bedek.[5] Die RDS sal tot 2027 Leinster se tuisveld wees na ’n ooreenkoms wat in 2007 onderteken is.[6]

In Julie 2014 is ’n ontwerpskompetisie vir die ontwikkeling van die arena in ’n wêreldgehalte- 25 000-sitplek stadion, deur die RDS en Leinster Rugby aangekondig, met werk wat in April 2016 ’n aanvang sou neem.[7] Die verkoop van die naamsregte was ’n sleutelkomponenet in die befondsing van die projek met aanvanklike voorgestelde begroting van €20 miljoen.[8]

Binne die RDS Arena voor ’n Leinsterwedstryd
Binne die RDS Arena voor ’n Leinsterwedstryd

Aviva-stadion

Aviva-stadion voor ’n Leinsterwedstryd

Vir groot wedstryde waarin die RDS Arena nie aan genoegsame sitplek kan voorsien nie, speel Leinster hul wedstryde op die Aviva-stadion wat sitplek vir 51 700 mense het. Dit is dikwels belngrike wedstryde in die Europese Beker of die Pro14 teen plaaslike teenstanders. Hulle het in 2010 hul eerste tuiswedstryd aldaar teen Munster gespeel met die stadion wat vir die eerste keer volgepak was.[9] Leinster was tot in Desember 2012 onoorwonne op die Aviva-stadion toe hulle met 21-28 teen Clermont verloor het.

Donnybrookstadion

Donnybrookstadion

Leinster se tradisionele tuiste oor die jare was Donnybrookstadion in Dublin. Donnybrook bestaan uit ’n enkele onderdakstadion en drie oop terrasse. Om groeiende toeskouergetalle tegemoet te kom, het Leinster na die RDS Arena geskuif; die 6 000 sitplekke op Donnybrook het te min geraak.[10] Om hierdie rede het Dublin ’n langtermynhuurooreenkoms met die Koninklike Dublingenootskap aangegaan om hul tuiswedstryde op die RDS Arena te speel. Donnybrook is egter intussen opgeknap met ’n herbou van die hoofpaviljoen in 2008[11] en bly ’n belangrike plek vir rugby in Dublin.[12]

Weens beperkte spasie is dit onwaarskynlik dat Donnybrook verder ontwikkel sal word. Leinster A speel egter steeds hul wedstryde om die Britse en Ierse Beker op die stadion en die seniorspan speel steeds voorseisoen- vriendskaplike wedstryde op die stadion. Die meeste wedstryde om die Leinster Skolebeker word ook op die stadion gespeel.[13][14]

Seisoenbepalings

Keltiese Liga/Pro12/Pro14

Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2001-’02 1ste (Poel A) 7700021Wen in eindstryd teen Munster
2002-’03 5de (Poel B) 7304618
2003-’04 8ste 229112947
2004-’05 3de 201217757
2005-’06 2de 2014061074
2006-’07 3de 2012171161
2007-’08 1ste 181314761Geen uitspeelrondtes. Wen op ligapunte.
2008-’09 3de 181116652
2009-’10 1ste 181305355Verloor in eindrondte teen Ospreys
2010-’11 2de 221516870Verloor in eindrondte teen Munster
2011-’12 1ste 221813781Verloor in eindrondte teen Ospreys
2012-’13 2de 2217051078Wen teen in eindrondte Ulster
2013-’14 1ste 2217141282Wen in eindrondte teen Glasgow Warriors
2014-’15 5de 2211381262
2015-’16 1ste 221606973Verloor in eindrondte teen Connacht
2016-’17 2de 2218041385Verloor in halfeindrondte teen Scarlets
2017-’18 2de 2114161270Wen in eindstryd teen Scarlets
2018-’19 3de 2115151476

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
1995-’96 Poel C 1ste 22004Verloor in halfeindrondte teen Cardiff
1996-’97 Poel B 3de 42024
1997-’98 Poel A 3de 62044
1998-’99 Poel A 4de 62044
1999-’00 Poel 1 2de 64028
2000-’01 Poel 1 2de 63127
2001-’02 Poel 6 1ste 650110Verloor in kwarteindrondte teen Leicester Tigers
2002-’03 Poel 4 1ste 660012Verloor in halfeindrondte teen Perpignan
2003-’04 Poel 3 2de 6402218
2004-’05 Poel 4 1ste 6600226Verloor in kwarteindrondte teen Leicester Tigers
2005-’06 Poel 5 2de 6402622Verloor in halfeindrondte teen Munster
2006-’07 Poel 2 1ste 6402521Verloor in kwarteindrondte teen London Wasps
2007-’08 Poel 6 3de 6303012
2008-’09 Poel 2 1ste 6402420Wen in eindrondte teen Leicester Tigers
2009-’10 Poel 6 1ste 6411422Verloor in halfeindrondte teen Toulouse
2010-’11 Poel 2 1ste 6501424Wen in eindrondte teen Northampton Saints
2011-’12 Poel 3 1ste 6510224Wen in eindrondte teen Ulster
2012-’13 Poel 5 2de 6402420
2013-’14 Poel 1 1ste 6501222Verloor in kwarteindrondte teen Toulon
2014-’15 Poel 2 1ste 6411220Verloor in halfeindrondte teen Toulon
2015-’16 Poel 5 4de 610526
2016-’17 Poel 4 1ste 6411523Verloor in halfeindrondte teen Clermont

Europese Rugbyuitdaagbeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2012-’13 Wen in eindrondte teen Stade Français

Huidige span

Leinster se span vir die 2017-’18-seisoen:

Stutte

  • Michael Bent
  • Ed Byrne
  • Peter Dooley
  • Tadhg Furlong
  • Cian Healy
  • Jack McGrath
  • Andrew Porter

Hakers

  • Bryan Byrne
  • Sean Cronin
  • Richardt Strauss
  • James Tracy

Slotte

  • Vlag van Australië Scott Fardy
  • Mick Kearney
  • Ross Molony
  • Ian Nagle
  • James Ryan
  • Devin Toner
 

Losvoorspelers

  • Jack Conan
  • Max Deegan
  • Jamie Heaslip
  • Dan Leavy
  • Jordi Murphy
  • Seán O’Brien
  • Rhys Ruddock
  • Peadar Timmins
  • Josh van der Flier

Skrumskakels

  • Vlag van Nieu-Seeland Jamison Gibson-Park
  • Nick McCarthy
  • Luke McGrath

Losskakels

  • Ross Byrne
  • Joey Carbery
  • Cathal Marsh
  • Jonathan Sexton
 

Senters

  • Tom Daly
  • Robbie Henshaw
  • Rory O’Loughlin
  • Noel Reid
  • Garry Ringrose

Vleuels

  • Adam Byrne
  • Barry Daly
  • David Kearney
  • Fergus McFadden

Heelagters

  • Rob Kearney
  • Vlag van Fidji Isa Nacewa

Eksterne skakel

Verwysings

  1. "Leinster gaan twee wedstryde op Aviva speel". The Irish Times (in Engels). 8 Augustus 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2012. Besoek op 18 Augustus 2010.
  2. (en) "Ierse Interprovinsiale rugbykampioenskap". BBC Sport. 1 September 2000. Besoek op 14 Julie 2012.
  3. (en) About Leinster Rugby:Harp Geargiveer 21 Desember 2010 op Wayback Machine Leinster Rugby
  4. (en) RDS Arena, Dublin WorldStadia.com
  5. (en) Hoofpaviljoendak gereed vir nuwe seisoen Leinster Rugby, 19 Julie 2008
  6. (en) http://www.leinsterrugby.ie/olsc/6278.php
  7. (en) http://www.leinsterrugby.ie/news/12157.php#.U_xnJ2O9aFE
  8. (en) http://thescore.thejournal.ie/leinster-rds-stadium-redeveloped-1566090-Jul2014/?&r_dir_d=1
  9. (en) http://www.universityobserver.ie/2010/10/02/spirited-leinster-overcome-munster-at-the-aviva-stadium/ Geargiveer 5 Januarie 2015 op Wayback Machine
  10. (en) Sport hou aan tel Geargiveer 21 Julie 2011 op Wayback Machine Marketing – Ierland se Maandelikse Bemarking- & Mediatydskrif
  11. (en) Aanwysings & Kaarte: Hoe om ons op te spoor Leinster Rugby
  12. "About Leinster Rugby: The Branch" (in Engels). Leinster Rugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2016. Besoek op 28 Augustus 2014.
  13. (en) Leinster benoem span vir Queensland Geargiveer 1 September 2008 op Wayback Machine RTÉ Sport, 29 Augustus 2008
  14. (en) Kaartjie oor vir London Irish op Vrydag… Leinster Rugby, 24 Augustus 2009
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.