Lei
Die Hawaise term lei (meervoud: nā lei) verwys na die tipiese blommekrans van Hawaii wat van bloeisels (byvoorbeeld dié van orgideë), sade, vere of ander materiale vervaardig en as 'n groot halssnoer gedra word.
![](../I/Hula0080200.jpg.webp)
'n Hawaise hula-danseres met leis
Belangrike persoonlikhede (ali'i) word net soos gaste volgens die Hawaise tradisie met 'n lei vereer. Die kranse word daarnaas ook tydens feestelikhede gedra. Met die opkoms van toerisme op die Hawaii-eilandketting het leis in die 19de en 20ste eeu ook deel van die eksotiese begroeting by die aankoms van toeriste of by toeristefeeste geword. Die lei het sodoende 'n simbool vir Hawaii en sy lewensstyl geword.
Eksterne skakels
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir lei.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.