Duiwelsklou

Duiwelsklou (Harpagophytum) is 'n genus van plante in die sesamfamilie (Pedaliaceae). Die plant is inheems aan Suider-Afrika en het sy naam aan die haakvormige voorkoms van sy vrugte te danke. Dit is 'n meerjarige plant met kruipende stingels wat uit 'n taai wortelstok groei. Die gesteelde blare is ovaal en die blomme is pienkpers en buisvormig. Ander name vir die plant sluit in: bobbejaandoring, bobbejaanklou, duiwelsdoring, duiwelshaak, duiwelshaakdoring, duiwelskloubossie, duiwelsklourank, duiwelsnaels, kloudoring, duiwelsduwweltjie, krappe, leeudoring, sanddoring, skerpioendubbeltjie en skerpioenduwweltjie.[1]

Chemiese formule vir harpagosied, wat in die knolle voorkom.

Duiwelsklou
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Pedaliaceae
Genus: Harpagophytum
DC. ex Meisn.
Spesies
  • Harpagophytum procumbens (Burch.) DC. ex Meisn.
  • Harpagophytum zeyheri Decne.

Die plant het groot, knolagtige penwortels waaruit sekondêre of bergknolle groei.[2] Hierdie knolle bevat harpagosied wat verskeie medisinale gebruike het. Dit word onder meer gebruik om pyn en koors te verlig, en om spysvertering te stimuleer. Ander gebruike sluit in: vir hipertensie, artritis, as aptytwekker, salf vir sere en pitswere, asook verligting van pyn tydens swangerskap.[3]

Houtagtige vrug met sy kenmerkende opwaartsgekrulde stekels.

Duiwelsklou word hoofsaaklik van saad gekweek, maar vegetatiewe voortplanting is ook moontlik. Die saad lyk soos 'n klou vol dorings. As die saad om 'n dier se bek vasgryp, kom dit nie maklik los nie en kan die dier vrek.

Die plant is saam met aalwyne en boegoe die enigste drie inheemse Suid-Afrikaanse plante wat in die amptelike internasionale lys van medisinale plante opgeneem is. Dit word veral in Namibië en Botswana vir die uitvoermark verbou.[4] In Suid-Afrika word 'n permit benodig om die plant op groot skaal te oes. Die mag egter nie van November tot Februarie geoes word nie, omdat die plant dan blom en sade vorm.[5]

Illustrasie uit "Icones selectae plantarum", vol. 5: t. 94 (1846).

Spesies

Daar is twee spesies:

Sien ook

Verwysings

  1. Woordeboek van die Afrikaanse Taal
  2. le Breton, Gus (21 April 2020). "Devil's Claw - Africa's Herbal Remedy for Arthritis and Inflammation". Facebook. African Plant Hunter. Besoek op 7 Julie 2023.
  3. Kan duiwelsdoring tog rumatiek genees?, Volksblad, 8 Februarie 2003
  4. Woestynplant getem tot plaasgewas Geargiveer 9 Januarie 2016 op Wayback Machine, Landbouweekblad, 18 Junie 1999
  5. Permit nodig vir duiwelsklou-oes, Volksblad, 15 Desember 2003

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.