Leeu-Gamka
Leeu-Gamka is 'n nedersetting in die Karoo langs die N1 nasionale pad, suidwes van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het ongeveer 2 700 inwoners in 2011 gehad.
Leeu-Gamka | |
---|---|
Leeu-Gamka se spoorwegstasie | |
Leeu-Gamka Leeu-Gamka se ligging in Wes-Kaap | |
Koördinate: 32°46′25″S 21°58′49″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Sentraal Karoo |
Munisipaliteit | Prins Albert |
Stigting | 1879 |
Oppervlak | |
• Totaal | 10,89 km2 (4,20 vk. myl) |
Hoogte | 552 m (1 811 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 604 |
• Digtheid | 55/km2 (140/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.4% |
• Bruin mense | 83.1% |
• Swart mense | 6.1% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 97.3% |
• Engels | 1.5% |
• Ander | 1.2% |
Poskode (strate) | 6950 |
Skakelkode | 023 |
Dit was vroeër as "Bitterwater" bekend en 'n gewilde aandoenplek vir reisigers na die Noorde, aangesien dit een van die min plekke in die omgewing was wat drinkbare water gehad het. In 1879 is 'n klipgeboustasie met ’n lae platform opgerig en is dit herdoop tot "Fraserburgweg". Die eerste kerk en skool is in 1896 gebou en 'n hotel in 1898. Gedurende die Anglo-Boereoorlog is die hotel en van die ander geboue as 'n hospitaal gebruik deur die Britse magte.
In die 1940's is die naam na Leeu-Gamka verander na aanleiding van die Leeu- en die Gamkariviere wat naby die dorp verbyloop. Die naam is saamgestel uit Afrikaans "leeu" en Khoi -gam- ‘leeu’ met -ka wat op ’n suigklank dui; dit is dus ’n verdubbeling van betekenis: ‘leeu-leeu’.
Die laaste van die uitgestorwe Kaapse leeus is vermoedelik naby Leeu-Gamka in 1842 doodgeskiet.
Verwysings
- "Hoofplek Leeu-Gamka". Sensus 2011.