Leer (stad)

Leer is 'n stad en munisipaliteit in Oos-Friesland, in die noordwestelike deel van die Duitse deelstaat Nedersakse. Dit is die hoofstad (kreisstad) van die gelyknamige distrik (Landkreis). Die stad het 33 925 inwoners.[1]

Leer

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Nedersakse
 Koördinate 53°14′N 7°27′O
 Stigting 791
 Stadstatus 1823
 Oppervlakte:  
 - Totaal 70,3 vk km
 Hoogte bo seevlak 3 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2014) 33 925
 - Bevolkingsdigtheid 483/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Beatrix Kuhl (CDU)
 Amptelike Webwerf leer.de

Leer het oorspronklik aan die Leda-rivier ontstaan, maar het geleidelik na die oewers van die Eems-rivier uitgebrei. As gevolg hiervan kan die stad deur skepe per see bereik word. Dit is per spoor en snelweg aan Groningen (in Nederland), Emden, Bremen en die Suide (Rheine en die industriële Ruhrgebied) verbind.

Bestuurlike indeling

Die munisipaliteit is in nege dele verdeel:

  • Bingum (Reiderland)
  • Heisfelde
  • Hohegaste
  • Leer (kernstad)
  • Leerort
  • Loga
  • Logabirum
  • Nettelburg
  • Nüttermoor

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.