Leandie du Randt
Leandie du Randt (gebore 28 Julie 1988) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy maak haar TV-debuut in 2009 in Getroud met rugby en haar rolprentdebuut die daaropvolgende jaar in die film Henley-on-Klip. In 2014 is sy tydens kykNET se silwerskermfees as Beste Aktrise vir haar rol in Die Windpomp benoem.
Leandie du Randt | |
Geboorte | 28 Julie 1988 |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Webwerf | https://leandiedurandt.com/ |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Du Randt verwerf in 2009 die graad BCom Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Johannesburg. In 2010 ontvang sy haar honneursgraad in bedryfsielkunde aan dieselfde universiteit. Sy is in 2011 as 'n praktiserende psigometris geregistreer.[1][2]
Filmografie
- Thys & Trix, 2018
- Vuil Wasgoed, 2017
- Jagveld, 2017, as Emma le Roux
- Binnelanders, as Ivanka Gouws
- Hollywood in my Huis, 2015
- Mooirivier, 2015
- Strikdas, 2014 (na-produksie) as Willemien de la Harpe
- Ek Joke Net 2, 2014
- Born to Win, 2014 as Older Deonette
- Die Windpomp, 2014 as Margot
- Verlep, 2013 (kort) as Anne
- Klein Karoo, 2013 as Jackie
- Drukkersbloed, 2012 (kort)
- Semi-soet, 2012 as meisie in kroeg
- Susanna van Biljon, 2010 as Melanie
- Egoli: Afrikaners is plesierig, 2010 as Peggy
- Henley-on-Klip, 2010 as Meraai
- Getroud met rugby, 2009 (TV-reeks) as Mieke
Verwysings
- Biografie op leandiedurandt.co.za[dooie skakel], besoek op 30 September 2014
- "iRegister: Health Professions Council of South Africa - Leandie du Randt". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 11 Desember 2015.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.