Laurens Meintjes
Laurens Schmitz Meintjes (Aberdeen, Kaapkolonie, 9 Junie 1868 – Potgietersrus, 30 Maart 1941) [1] was 'n Suid-Afrikaanse fietsryer. Hy betree reeds op jeugdige ouderdom die fietsrytoneel deur menige Suid-Afrika (SA) titels te verower. Dit bereik 'n hoogtepunt met sy verowering van die 100 km-wêreldkampioenskapstitel tydens die World's Fair in Chicago in 1893. Hy het later nog 16 wêreldrekords opgestel.

Laurens Meintjes.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy geveg as 'n kaptein vir die Cape Town Highlanders.
Verwysings
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika – Eric Rosenthal 1967
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.