Laptefsee
Die Laptefsee (Russies: мо́ре Ла́птевых, more Laptevykh) is 'n see van die Arktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen Sewernaja Zemlja in die weste, die Nieu-Siberiese Eilande in die ooste en die vasteland van Siberië in die suide. Die Laptefsee grens aan die Karasee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Oos-Siberiese See in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 714 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 578 m.[1] Die see is genoem ná die Russiese ontdekkingsreisigers Dmitri Laptef en Khariton Laptef en was voorheen bekend as Nordenskiöldsee (Russies: мо́ре Норденшёльда), genoem ná Adolf Erik Nordenskiöld.
Laptefsee | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Laptefsee | |
Kaart van die Laptefsee | |
Koördinate: | 75°N 126°O |
Ligging: | Siberië, Rusland |
Soort: | See van die Arktiese Oseaan |
Oppervlakte: | 714 000 km² (276 000 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 578 m (1 896 vt) |
Maksimum diepte: | 2 980 m (9 774 vt) |
Volume: | 403 000 km³ |
Invloei: | Lena, Olenjok |
Eiland/e: | Sewernaja Zemlja, Nieu-Siberiese Eilande |
Gevries: | Feitlik die hele jaar |
Belangrike riviere wat in die Laptefsee uitmond is die Lena en die Olenjok. Die see is feitlik die hele jaar gevries.
Verwysings
- "Laptev Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 16 Julie 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Laptefsee.