Lanzarote

Lanzarote (Spaanse uitspraak: [lanθaɾote, lansa-]) is 'n Spaanse eiland in die ooste van die outonome Kanariese Eilande in die Atlantiese Oseaan. Dit lê ongeveer 125 km (78 myl) van die kus van Noord-Afrika en 1 000 km (621 myl) van die Iberiese Skiereiland van Spanje. Dit beslaan 845,9 vierkante kilometer (327 vierkante myl) en is die vierde grootste van die groep eilande.

Lanzarote
Bynaam: Lanza
Nasa-Satellietbeeld van Lanzarote
Nasa-Satellietbeeld van Lanzarote
Geografie
LiggingSpanje, Kanariese Eilande, Atlantiese Oseaan
Koördinate29°3′N 13°37′W
ArgipelKanariese Eilande

Oppervlakte845,9 vk km
Hoogste puntPeñas del Chache, Famara 671 m
Administrasie
Vlag van Spanje Spanje
Outonome gewes Kanariese Eilande

HoofstadArrecife
Grootste stadArrecife (55 203)

Demografie
Bevolking142 132
BevolkingsgroepeSpanjaarde
4de grootste van die Kanariese Eilande

Die eerste opgetekende naam vir die eiland, wat deur Angelino Dulcert gegee is, was "Insula de Lanzarotus Marocelus", na die Genuese seevaarder Lancelotto Malocello, waaruit die moderne naam afgelei is. In die moedertaal was die eiland se naam "Tyterogaka", wat "die een wat met oker bedek is" kan beteken, met verwysing na die eiland se oorheersende kleur.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.