Langvin-geelstert

Die Langvin-geelstert (Seriola rivoliana) is 'n vis wat voorkom in die Indiese- en Stille Oseaan gebied, die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Longfin yellowtail of die Longfin amberjack.

Langvin-geelstert
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. rivoliana
Binomiale naam
Seriola rivoliana
Sinonieme
  • Seriola bonariensis (Valenciennes, 1833)
  • Seriola bovinoculata (Smith, 1959)
  • Seriola colburni (Evermann & Clark, 1928)
  • Seriola coronata (Poey, 1860)
  • Seriola declivis (Poey, 1860)
  • Seriola dubia (Lowe, 1839)

Identifikasie

Gevang in Palau

Die vis word tot 70 cm lank. Die vis het 'n redelike lang en slank lyf. Bykans die hele lyf is silwer-olyf met die onderste sye wat effens ligter is. Daar is kenmerkende geel-bruin breĆ« streep wat oor die kop strek en ook oor die lengte van die lyf, maar hier is dit ligter. Die pektorale vinne is kort. Al die vinne is donker behalwe die anale vin wat 'n wit rant het.

Die vis leef in aflandige riwwe asook in oopsee in water wat 15 tot 70m diep is. Hulle bly in klein tot groot skole en word aangetrek deur skubaduikers se borrels.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.