Langsnawelpikkewyne

Die langsnawelpikkewyne (Pygoscelis) is 'n voëlgenus in die familie van pikkewyne (Spheniscidae). Hulle is sonder uitsondering swart-wit geveer en verveer aan die einde van die broeiseisoen. Al die spesies in die genus is baie sosiaal, die strombandpikkewyne op Deceptioneiland is die grootste pikkewynkolonie met 'n geskatte vyf-miljoen broeipare.

Langsnawelpikkewyne (Pygoscelis)
Witoorpikkewyn (Pygoscelis papua)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Pygoscelis

Miller,JF, 1778
Spesies

Spesies

Drie spesies langsnawelpikkewyne word onderskei: die witoorpikkewyn (P. papua), die adeliepikkewyn (P. adeliae) en die stormbandpikkewyn (P. antarctica), wat ook die keelstreeppikkewyn genoem word.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.