Langarm-harder

Die Langarm-harder (Valamugil cunnesius) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Longarm mullet.

Langarm-harder
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Valamugil

Spesie:
V. cunnesius
Binomiale naam
Valamugil cunnesius

Voorkoms

Die kop en liggaam is silwerkleurig en daar is 'n swart kol op die bokant van die pektorale vin se basis. Die vis word 35 cm lank.

Habitat

Alhoewel die vis 'n seevis is kom dit ook perodiek voor in varswater. Die wyfie lê haar eiers naby strandmere gedurende die somermaande. Die onvolwasse visse leef in strandmere, veral dié met 'n varswaterinvloei.

Sien ook

Bronne

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Verwysings

  1. Smith J. L. B., 1948. A generic revision of the mugilid fishes of South Africa. Ann. Mag. Nat. Hist. (Ser. 11) v. 14 (núm. 120) (1947). 833-843.
  2. World Register of Marine Species (en)
  3. Cuvier, G. & A. Valenciennes. 1836.

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.