Langa
Langa (Xhosa vir: "son") is 'n township in Kaapstad. Volgens die 2011-sensus het Langa 'n bevolking van 52 401 gehad. Langa is in 1927, nog voor die begin van Apartheid, vir swart mense beplan en gestig, waarmee dit een van die eerste townships in Suid-Afrika is. Langa is na die stamhoof Langalibalele, leier van die Langalibalele-rebellie genoem. Nadat Langa te groot geword het, is in 1955 verder oos 'n nuwe township, Nyanga, gestig.
Langa | |
---|---|
Dorp | |
'n Straattoneel in Langa | |
Langa Langa se ligging in Wes-Kaap | |
Koördinate: 33°56′43″S 18°31′48″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigting | 1927 |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,09 km2 (1,19 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 52 401 |
• Digtheid | 16 958/km2 (43 920/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0,1% |
• Indiërs/Asiërs | 0,1% |
• Bruin mense | 0,4% |
• Swart mense | 99,1% |
• Ander | 0,4% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 92,0% |
• Engels | 2,5% |
• Ander | 5,5% |
Poskode (strate) | 7455 |
Poskode (posbusse) | 7456 |
Langa is sowat 15 km oos van Kaapstad langs die N2 in die Kaapse Vlakte geleë. Langa beskik oor 'n treinstasie van PRASA se Metrorail. Vir toeriste word toere deur dié township aangebied.
Galery
- Die informele nedersetting Joe Slovo
- Die township Langa met Tafelberg op die agtergrond
- OpenStreetMap se kaart van Langa
Bekende boorlinge
- Temba Bavuma, Suid-Afrikaanse krieketspeler
- Brenda Fassie, Suid-Afrikaanse popsangeres
- Thabo Mngomeni, Suid-Afrikaanse sokkerspeler
- Malusi Siboto, Suid-Afrikaanse krieketspeler
- Thami Tsolekile, Suid-Afrikaanse krieketspeler
Verwysings
- "Hoofplek Langa". Sensus 2011.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Langa.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.