Landboukunde
Landboukunde of agronomie is die wetenskap en tegnologie van die vervaardiging en gebruik van plante deur landbou vir voedsel, brandstof, vesel, chemikalieë, ontspanning of grondbewaring.[1] Landboukunde het begin om navorsing oor plantgenetika, plantfisiologie, meteorologie en grondkunde in te sluit.Dit is die toepassing van 'n kombinasie van wetenskappe soos biologie, chemie, ekonomie, ekologie, aardwetenskap, en genetika. Beroepslui van landboukunde word landboukundiges of agronome genoem.
![](../I/Cropscientist.jpg.webp)
'n Landboukundige aan die werk.
Verwysings
- Arya, R. L.; Arya, S.; Arya, Renu; Kumar, J. (1 Januarie 2015). Fundamentals of Agriculture (ICAR-NET, JRF, SRF, CSIR-NET, UPSC & IFS) (in Engels). Scientific Publishers. ISBN 978-93-86102-36-2.
Bronne
- Wendy B. Murphy, The Future World of Agriculture, Watts, 1984.
- Antonio Saltini, Storia delle scienze agrarie, 4 vols, Bologna 1984–89, ISBN 88-206-2412-5, ISBN 88-206-2413-3, ISBN 88-206-2414-1, ISBN 88-206-2415-X
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.