Lance Stroll
Lance Stroll (gebore 29 Oktober 1998) is 'n Belgies-Kanadese renjaer, wat tans aan Formule Eenrenne vir Aston Martin-Mercedes deelneem onder die Kanadese vlag. Hy was die Italiaanse Formule 4-kampioen in 2014, Toyota Racing-reekskampioen in 2015 en 2016 FIA Europese Formule 3-kampioen. Hy was deel van die Ferrari Bestuurdersakademie van 2010 tot 2015.
Lance Stroll | |
---|---|
Stroll by die 2017 Maleisiese Grand Prix | |
Geboortedatum | 29 Oktober 1998 |
Geboorteplek | Montreal, Quebec, Kanada |
Nasionaliteit | Kanadees |
Ou span(ne) | Williams-Mercedes[1] Racing Point-Mercedes[2] |
Span in 2023 | Aston Martin-Mercedes |
Motornommer | 18 |
Inskrywings | 149 (147 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 0 |
Podiums | 3 |
Loopbaanpunte | 277 |
Voorste wegspronge | 1 |
Vinnigste rondtes | 0 |
Eerste F1-wedren | 2017 Australiese Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Japannese Grand Prix |
Laaste seisoen | 2023 |
Verlede jaar plek | 10de (74 punte) |
Jong lewe
Stroll is die seun van die Kanadese miljardêr sakeman Lawrence Stroll en Belgiese mode-ontwerper Claire-Anne Callens.[3]
Soos baie jong renjaers, het die Genève-gebaseerde Kanadees sy motorsportloopbaan in karting begin en talle ren- en kampioenskapwenne in sy geboorteland, Kanada en Noord-Amerika behaal.
Formule Een-loopbaan
In 2016 het Stroll die Ferrari Bestuurdersakademie verlaat en 'n toetsbestuurder vir die Williams Formule 1-span geword. In 2017 het hy sy Formule 1-rendebuut vir hierdie span gemaak[4] langs Felipe Massa.[5] Sy eerste punte in Formule 1 was by sy tuisren in Kanada, met 'n negende plek. Stroll kon derde eindig by die Azerbeidjanse Grand Prix en het sodoende sy eerste podiumplek behaal. Dit het hom die tweede jongste jaer ooit gemaak om 'n podium te behaal en die jongste wat dit in sy debuutseisoen kon behaal. Stroll het 'n gemengde eerste seisoen in Formule 1 gehad en is aan die begin van die seisoen hewig gekritiseer. Op die ou end het hy 40 punte behaal, wat hom in die twaalfde plek op die rangleer geplaas het.
Stroll bly steeds by Williams in 2018, maar die uitgetrede Massa word deur Sergej Sirotkin vervang. Die Williams was nie ’n goeie motor nie en albei jaers het gesukkel om goeie resultate te kry. Stroll kon net twee keer daarin geslaag om punte aan te teken, en het agtste geëindig in Azerbeidjan en negende in Italië. Met ses punte het hy agtiende in die kampioenskap geëindig en net voor spanmaat Sirotkin en Toro Rosso jaer Brendon Hartley in die finale puntestand.
In 2019 sluit Stroll by die Racing Point-span aan nadat 'n konsortium sakemanne onder leiding van sy pa Lawrence die sukkelende span in die somer van 2018 oorgeneem het. Hy was die plaasvervanger vir Esteban Ocon en die spanmaat van Sergio Pérez gewees.[6]
Stroll jaag sedert 2020 onder 'n Amerikaanse lisensie nadat Kanada se nasionale sportowerheid hul lidmaatskap van die FIA opgegee het. Stroll sal egter steeds tydens enige amptelike erkenning en tydens rennaweke as 'n Kanadees aangedui word.[7]
Tydens die 2020 Turkse Grand Prix het Lance Stroll sy eerste voorwegsprongplek ingeneem. By die Monza Grand Prix slaag hy daarin om derde te eindig. In 2020 het hy 11de in die renjaerskampioenskap geëindig, en 75 van die span se 210 punte aangeteken.[lower-alpha 1]
Sedert 2021 jaag Stroll vir Aston Martin F1, die opvolger van Racing Point F1-span.
- Nota
- Racing Point-jaers het in 2020 'n totaal van 210 punte aangeteken, maar die span is met 15 punte beboet in die vervaardigerskampioenskap weens 'n beslissing oor die wettigheid van hul motor, wat die span op 195 punte laat. Hierdie aftrekking het nie punte wat in die bestuurderskampioenskap verdien is, beïnvloed nie.
Formule Een-uitslae
|
|
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2017 | Williams Martini Racing | Williams FW40 | Mercedes M08 EQ Power+ 1.6 V6 Turbo | AUS DNF |
CHN DNF |
BHR DNF |
RUS 11 |
SPA 16 |
MON 15† |
KAN 9 |
AZE 3 |
OOS 10 |
GBR 16 |
HON 14 |
BEL 11 |
ITA 7 |
SIN 8 |
MAL 8 |
JPN DNF |
VSA 11 |
MEX 6 |
BRA 16 |
ABU 18 |
12 | 40 | ||||
2018 | Williams Martini Racing | Williams FW41 | Mercedes M09 EQ Power+ 1.6 V6 Turbo | AUS 14 |
BHR 14 |
CHN 14 |
AZE 8 |
SPA 11 |
MON 17 |
KAN DNF |
FRA 17† |
OOS 14 |
GBR 12 |
DUI DNF |
HON 17 |
BEL 13 |
ITA 9 |
SIN 14 |
RUS 15 |
JPN 17 |
VSA 14 |
MEX 12 |
BRA 18 |
ABU 13 |
18 | 6 | |||
2019 | SportPesa Racing Point F1-span | Racing Point RP19 | Mercedes M11 EQ Power+ 1.6 V6 Turbo | AUS 9 |
BHR 14 |
CHN 12 |
AZE 9 |
SPA DNF |
MON 16 |
KAN 9 |
FRA 13 |
OOS 14 |
GBR 13 |
DUI 4 |
HON 17 |
BEL 10 |
ITA 12 |
SIN 13 |
RUS 11 |
JPN 9 |
MEX 12 |
VSA 13 |
BRA 19† |
ABU DNF |
15 | 21 | |||
2020 | Racing Point F1-span | Racing Point RP20 | Mercedes M11 EQ Performance 1.6 V6 Turbo | OOS DNF |
STI 7 |
HON 4 |
GBR 9 |
70J 6 |
SPA 4 |
BEL 9 |
ITA 3 |
TOS DNF |
RUS DNF |
EIF WD |
POR DNF |
EMI 13 |
TUR 9P |
BAH DNF |
SAK 3 |
ABU 10 |
11 | 75 | |||||||
2021 | Aston Martin Racing | Aston Martin AMR21 | Mercedes F1 M12 E Performance V6 | BHR 10 |
EMI 7 |
POR 14 |
SPA 11 |
MON 8 |
AZE DNF |
FRA 10 |
STI 8 |
OOS 13 |
GBR 8 |
HON DNF |
BEL 20 |
NED 12 |
ITA 7 |
RUS 11 |
TUR 9 |
VSA 12 |
MXS 14 |
SAP DNF |
KAT 6 |
SAU 11 |
ABU 13 |
13 | 34 | ||
2022 | Aston Martin Racing | Aston Martin AMR22 | Mercedes F1 M13 E Performance V6 | BHR 12 |
SAU 13 |
AUS 12 |
EMI 10 |
MIA 10 |
SPA 15 |
MON 14 |
AZE 16 |
KAN 10 |
GBR 11 |
OOS 13 |
FRA 10 |
HON 11 |
BEL 11 |
NED 10 |
ITA DNF |
SIN 6 |
JPN 12 |
VSA DNF |
MXS 15 |
SAP 10 |
ABU 8 |
15 | 18 | ||
2023 | Aston Martin | Aston Martin AMR23 | Mercedes F1 M14 E Performance V6 | BHR 6 |
SAU DNF |
AUS 4 |
AZE 87 |
MIA 12 |
MON DNF |
SPA 6 |
KAN 9 |
OOS 9 |
GBR 12 |
HON 10 |
BEL 9 |
NED 11 |
ITA 16 |
SIN WD |
JPN DNF |
KAT 11 |
VSA 7 |
MXS 17† |
SAP 5 |
LSV 5 |
ABU 10 |
10 | 74 | ||
2024 | Aston Martin | Aston Martin AMR24 | Mercedes F1 M15 E Performance V6 t |
BHR 10 |
SAU DNF |
AUS |
JPN |
CHN |
MIA |
EMI |
MON |
KAN |
SPA |
OOS |
GBR |
HON |
BEL |
NED |
ITA |
AZE |
SIN |
VSA |
MXS |
SAP |
LSV |
KAT |
ABU |
12 * | 1 * |
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
* Seisoen nog aan die gang.
† Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
Verwysings
- "Williams Confirms Driver Line Up for the 2017 Season" (in Engels). Williams Martini Racing. 3 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2017. Besoek op 7 Desember 2016.
- Benson, Andrew (30 November 2018). "Force India: Lance Stroll confirms switch from Williams" (in Engels). BBC Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2018. Besoek op 30 November 2018.
- F1: La maman de Lance Stroll est Belge! (Frans) (8 November 2016). URL besoek op 11 Januarie 2021.
- Williams bevestigt line-up voor 2017: Bottas en Stroll
- Williams bevestigt terugkeer Massa: contract voor één jaar
- "Force India bevestigt: Stroll in 2019 teamgenoot van Perez". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2021. Besoek op 9 Mei 2023.
- "Canadian F1 pair Stroll and Latifi to race under American licenses" (in Engels). Racefans.net. Besoek op 27 Februarie 2020.