Lalibela
Lalibela is 'n dorp in die noorde van Ethiopië in die sone Semien Wollo van die streek Amhara. In 2014 het die dorp 'n bevolking van 20 000 gehad. In die 13de eeu was dit die hoofstad van die Keiserryk Ethiopië en naas Aksum bly dit tot vandag die belangrikste heilige plek in die land. Koning Lalibela van Ethiopië is in die tweede helfte van die 12de eeu hier gebore toe die plek nog 'n onbelangrike nedersetting was met die naam Roha, naby die destydse hoofstad, Adefa. Nadat hy Jerusalem in 'n visioen gesien het, het koning Lalibela die rotskerke, wat uit die rotse gekap is en dus meestal ondergronds is, laat bou. Daar is 11 kerke wat in vier groepe gegroepeer is. Unesco het die rotsgekapte kerke in 1978 tot wêrelderfenisgebied verklaar.
Lalibela ላሊበላ | |
---|---|
Die kerk van Sint Georg | |
Lalibela | |
Koördinate: 12°1′54″N 39°2′28″O | |
Land | Ethiopië |
Streek | Amhara |
Hoogte | 2 630 m (8 630 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 20 000 |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
Galery
- 'n Bergpas tussen Mekelle en Lalibela.
- Die Biet Denghel-kerk, Lalibela.
- Die Biet Emmanuel-kerk, Lalibela.
- Die Biet Giyorgis-kerk, Lalibela.
- Syaansig van die Biet Giyorgis-kerk in Lalibela.
- Die trap na die Biet Giyorgis-kerk, wat uit die grond gekerf is.
- Hier kan gesien word hoe na die mure van die put plek-plek aan dié van die Biet Giyorgis-kerk is.
- Binnekant van die Biet Mariam-kerk.
- Tradisionele Ethiopiese huisies, tukul, van hout, strooi en modder soos te sien in Lalibela.
Bron
- (en) Rock-Hewn Churches, Lalibela. URL besoek op 21 Februarie 2016.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lalibela.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.