Lahti
Lahti (Fins: [ˈlɑxti]; Sweeds: Lahtis) is 'n stad en munisipaliteit in Finland. Die is geleë aan die suidpunt van een van Finland se grootste meerstelsels (die Vesijarei-paijanne) ongeveer 100 km noordoos van Helsinki. Dit is 'n uitstekend uitgelegde moderne stad en is eers in 1878 gestig. Deesdae is dit die middelpunt van Finland se meubelbedryf; ander nywerhede lewer sellulose, papier, laaghout en vuurhoutjies (al hierdie produkte kom van hout uit die woude om die stad), skoene en glas.
Lahti | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Finland |
Streek | Päijät-Häme |
Koördinate | 60°59′N 25°39′O |
Stigting | 1878 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 517,63 vk km |
Hoogte bo seevlak | 81–170 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2023) | 120 700 |
- Bevolkingsdigtheid | 262,68/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 4,7 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −5,9 / 17,2 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 637,7 mm |
Burgemeester | Pekka Timonen |
Amptelike webwerf | lahti.fi |
Lahti is op vier na die grootste stad in Finland; sy bevolking, wat in die laaste dekade of twee sterk gestyg het, is tans meer as 100 000. Lahti is ook die belangrikste wintersportsentrum in Finland en beskik oor 'n hoë springtoring vir skiërs.
Bronnelys
- Kennis, 1980, ISBN 0-7981-0824-X, volume 2, bl. 273
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lahti.
- (en) Toerisme-inligting oor Lahti op Wikivoyage
- (fi) Amptelike webwerf
- (en) "Lahti". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Maart 2024.