Laerskool Oude Molen

Die Laerskool Oude Molen was 'n klein Afrikaanse laerskool in Loerielaan in die Kaapstadse voorstad Pinelands. Voor die ontstaan van die skool in 1956[1]het laerskoolleerders van die omgewing óf Laerskool Nassau in Observatory óf die destyds dubbelmedium Pinelands North Primary School bygewoon.

Die wapen van die Laerskool Nassau.

Met die gedurige verengelsing van Kaapstad se suidelike voorstede het die behoefte aan 'n Afrikaansmedium-laerskool in Pinelands mettertyd gekwyn sodat die laaste sowat 50 leerders van Oude Molen met ingang 1985 by die Laerskool Groote Schuur in Rondebosch ingeskakel het. Die laaste hoof was wyle mnr. Carl Thomas. Daar was altesaam vyf onderwysers, onder wie me. Sarie Jacobs, musiekonderwyseres. Daar was selfs 'n skoolkoor.

Laerskool Groote Schuur het op sy beurt Afrikaans as onderrigmedium in 2008 afgeskaf sodat van die vyf Afrikaansmedium-laerskool tussen Pinelands en Muizenberg teen 2010 nog net die Laerskool Simon van der Stel Afrikaans gebly het.

Die Hoër Tegniese Skool Oude Molen, wat in 1961 in Jan Smutsrylaan, Pinelands, geopen het, was nooit verwant aan die laerskool nie, ondanks die gedeelde naam.

Oudleerders

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.