Ladybrand

Ladybrand is 'n dorp in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die dorp is aan die voet van die Platberg, naby die Caledonrivier wat die grens tussen die Vrystaat en Lesotho vorm.

Ladybrand

(Manyatseng ingereken)
Ladybrand is in Vrystaat
Ladybrand
Ladybrand
 Ladybrand se ligging in Vrystaat
Koördinate: 29°11′36″S 27°27′18″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikThabo Mofutsanyana
MunisipaliteitMantsopa
Stigting1867
Oppervlak
  Totaal46,0 km2 (17,8 vk. myl)
Hoogte
1 578 m (5 177 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal25 816
  Digtheid561/km2 (1 450/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense6.8%
  Indiërs/Asiërs0.9%
  Bruin mense3.1%
  Swart mense88.4%
  Ander0.7%
Taal (2011)
  Sotho 81.2%
  Afrikaans 8.5%
  Engels 5.9%
  Gebaretaal 1.3%
  Ander 3.1%
Poskode (strate)
9745
Poskode (posbusse)
9745
Skakelkode058

Geskiedenis

Die dorp is in 1867 op die plaas Mauershoek gestig. Ladybrand is genoem na lady Catharina Brand, vrou van Sir Christoffel Josephus Brand, wat die eerste Speaker van die Kaapse Parlement was. Sy was ook die moeder van die Vrystaatse president Sir Johannes Henricus Brand. Ladybrand se ligging teenoor Lesotho het veroorsaak dat heelwat gevegte tussen die Voortrekkers en die Basoetos hier plaasgevind het voordat die gebied in 1865 van die Basoetos afgeneem is. Die dorp is grootliks gestig om die gebied te stabiliseer na afloop van die Basoetoöorlog van 1865.

Ladybrand is naby Lesotho se hoofstad Maseru geleë en die dorp is gevolglik sy ontwikkeling te danke aan honderde Suid-Afrikaners wat in Lesotho werk, maar in Ladybrand woon.

Die dorp het in 1904 munisipale status verkry en is in 1905 met 'n taklyn met die Bloemfontein-Bethlehem-spoorlyn verbind.

Distrik

Die distrik is 1 958 km2 groot. Ladybrand is die kommersiële sentrum in die graan- en sonneblomgordel van die oostelike Vrystaat.

Bekende persone gebore in Ladybrand

Sien ook

Bron

  1. Som van die hoofplekke Manyatseng en Ladybrand tydens die 2011-Sensus.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.