La Spezia

La Spezia is die hoofstad van die gelyknamige Italiaanse provinsie en met sowat 95 000 inwoners die tweede grootste stad van Ligurië. Sy seehawe trek voordeel uit 'n beskermde ligging in die Golf van La Spezia.

Città della Spezia
Stad
'n Panoramiese uitsig oor La Spezia
'n Panoramiese uitsig oor La Spezia
Città della Spezia is in Italië
Città della Spezia
Città della Spezia
Koördinate: 44°06′29″N 09°49′44″O
LandVlag van Italië Italië
Streek Ligurië
ProvinsieLa Spezia
Regering
  BurgemeesterMassimo Federici
Oppervlak
  Totaal51,39 km2 (19,84 vk. myl)
Hoogte
10 m (30 ft)
Bevolking
  Totaal93 959
  Digtheid1 828/km2 (4 730/vk. myl)
Poskode
19100, 19121-19126, 19131-19139
Skakelkodes0187
Webwerfcomune.sp.it

Geskiedenis

Die naam Spezia verskyn vir die eerste keer in die 13de eeu, toe die stad onder die heerskappy van Genua gekom het. Die stad het egter 'n onbeduidende seehawe gebly, tot by die tydperk van die Franse Rewolusie en Franse Keiserryk, toe Napoléon Bonaparte dit tot 'n vlootbasis laat uitbou het.

Ná sy inlywing by die Koninkryk Sardinië deur 'n besluit van die Kongres van Wene het La Spezia vinnig gegroei, veral nadat die vlootbasis van Genua na La Spezia verskuif is.

Die stad en sy hawe, wat deur die Duitse Vloot gebruik is, is tydens die Tweede Wêreldoorlog deur geallieerde bomaanvalle verwoes. Vandag is La Spezia die tweede belangrikste vlootbasis van Italië na Taranto.

Ekonomie

Die hawe en skeepswerwe vorm die ekonomiese basis van die stad. Danksy die nabygeleë Cinque Terre speel ook die toerisme 'n belangrike rol. Teen die Magramonding oos van La Spezia lê die bouvalle van die Romeinse stad Luni, wat in die antieke tydperk sy naam aan die baai verleen het (Portus Lunae). Die dorpe Biassa, Campiglia en Marinasco in die omgewing van La Spezia is gewilde toeristebestemmings.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.