Kurt Waldheim
Kurt Josef Waldheim (1918–2007) was 'n Oostenrykse regsgeleerde, diplomaat en politikus. Hy was van 1972 tot 1981 die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), en van 1986 tot 1992 die bondspresident van Oostenryk.
Kurt Waldheim | |
Kurt Waldheim in 1973 | |
9de President van Oostenryk | |
Ampstermyn 8 Julie 1986 – 8 Julie 1992 | |
Eerste minister | Franz Vranitzky |
---|---|
Voorafgegaan deur | Rudolf Kirchschläger |
Opgevolg deur | Thomas Klestil |
4de Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies | |
Ampstermyn 1 Januarie 1972 – 31 Desember 1981 | |
Voorafgegaan deur | U Thant |
Opgevolg deur | Javier Pérez de Cuéllar |
Minister van Buitelandse Sake | |
Ampstermyn 19 Januarie 1968 – 21 April 1970 | |
Eerste minister | Josef Klaus |
Voorafgegaan deur | Lujo Tončić-Sorinj |
Opgevolg deur | Rudolf Kirchschläger |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Kurt Josef Waldheim 21 Desember 1918 Sankt Andrä-Wördern naby Wene, Oostenryk |
Sterf | 14 Junie 2007 (op 88) Wene, Oostenryk |
Politieke party | Oostenrykse Volksparty (ÖVP) |
Eggenoot/-note | Elisabeth Waldheim |
Kind(ers) | Lieselotte, Gerhard, Christa |
Alma mater | Weense konsulêre Akademie |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening | |
Militêre Diens | |
Lojaliteit | Oostenryk (1936–1937) Nazi-Duitsland (1941–1945) |
Jare in diens | 1936–1945 |
Rang | Oberleutnant |
Eenheid | 5de Alpynse Divise Pusteria Kampfgruppe West 9de Leër 11de Italiaanse Leër Leërgroep E |
Oorloë/Veldslae | Tweede Wêreldoorlog |
Toekennings | Ysterkruis 2de Klas Medalje van die Kroon van Koning Zvonimir |
Lewensloop
Waldheim is op 21 Desember 1918 in Sankt Andrä-Wördern in Oostenryk gebore. Sy familie was van Tsjeggiese afkoms en sy pa het hul familienaam van Václavík na Waldheim verander. Ná skool voltooi hy sy militêre dienspligtig en studeer hy vervolgens regte.
In 1941 word Waldheim 'n soldaat in die Duitse Wehrmacht, waar hy aan die oosfront dien. Hy is in Desember 1941 gewond, maar keer spoedig na aktiewe diens terug. Hy was tot 1945 'n soldaat, hoewel hy in sy outobiografie beweer dat hy die leër in 1942 verlaat het om aan die Universiteit van Wene te studeer.
As sekretaris van die minister van buitelandse sake maak hy opgang in die ministerie en werk hy later as 'n diplomaat in Parys, Toronto en New York. Van 1968 tot 1970 dien hy as Oostenryk se minister van buitelandse sake. In 1971 stel hy homself as kandidaat vir die presidensiële verkiesing beskikbaar, maar verloor teenoor Franz Jonas.
Van 1964 tot 1968 en van 1970 tot 1971 was hy Oostenryk se ambassadeur by die VN. In 1971 word hy tot sekretaris-generaal van die VN verkies. Hy dien twee termyne van vyf jaar, maar sy derde termyn is deur China geveto.
Voor die presidensiële verkiesing van 1986 word dit bekend dat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n intelligensie-beampte in die Wehrmacht was, wat internasionale omstredenheid veroorsaak. Hy wen tog die verkiesing en dien van 8 Julie 1986 tot 8 Julie 1992 as Oostenryk se bondspresident. 'n Kommissie is aangestel om sy betrokkenheid by die Wehrmacht te ondersoek. Daar was geen bewyse dat hy oorlogsmisdade gepleeg het nie, maar die kommissie bevind dat Waldheim meer weet as hy wou erken.
In 1990 reis Waldheim na Irak en om die vryheid van westerse gyselaars van Saddam Hoesein te eis. Dit lei tot die vrylating van Oostenrykse en Switserse burgers (beide lande was neutraal).
Waldheim is op 14 Junie 2007 in Wene aan 'n hartaanval oorlede. Hy was op 88 jaar oud.[1]
Verwysings
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kurt Waldheim.