Kunstekaap
Kunstekaap (Engels: Artscape) is op 27 Maart 1999 gestig om die ou kunsteraad Kruik te vervang. In Maart 2001 is die Nico Malan-teater hernoem na die Kunstekaap-teatersentrum.
Kunstekaap ontwikkel, mentor en bewaar Suid-Afrikaanse inheemse gebruike deur die kunste. Dit bied platforms vir die kunsvorms, kulture en tale vir voorheen benadeelde gemeenskappe. ’n Program om nuwe en gevestigde skrywers te ondersteun, bied jaarliks ’n reeks bedrywighede aan soos werksessies, voorlesings, en volskaalse produksies.[1]
Verwysings
- The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 2 Maart 2013
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.