Kunene-moddervis

Die Kunene-moddervis (Labeo ansorgii) is 'n varswater vis wat voorkom in die Kunene- en Quanzariviere in Zimbabwe en Namibië. In Engels staan die vis bekend as die Cunene labeo.

Kunene-moddervis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. ansorgii
Binomiale naam
Labeo ansorgii
Boulenger, 1907

Voorkoms

Die vis lyk baie soos die Rooioog-moddervis maar is net ietwat dunner, die vinne meer gepunt, die skubbe kleiner en die oë groter. Daar is stervormige tuberkels op die snoet, die lippe is vlesig en daar is 'n paar baarde om die mond. Die vis is olyf tot bruin kleurig en ligter aan die onderkant. Hulle word tot 270 mm lank.

Habitat

Die vis leef in vinnig vloeiende water in rotsagtige areas.

Sien ook

Bron

  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.