Kuiseb
Die Kuisebrivier is 'n rivier in Namibië wat slegs enkele dae per jaar vloei. Tydens oorvloedige reëns kom die andersins droë rivier tot lewe. Die Kuiseb ontspring in die Khomshochland, 'n gebergte in die middel van Namibië en vloei deur die Namibwoestyn. Die rivier mond suid van Walvisbaai in die Atlantiese Oseaan uit.

Satellietfoto van die Kuiseb soos dit die oseaan nader.
Kuisebrivier | |
---|---|
![]() Die droë rivierbedding van die Kuiseb. | |
Oorsprong | Khomshochland, Namibië |
Monding | naby Walvisbaai in die Atlantiese Oseaan |
Stroomgebied | Namibië |
Lengte | 480 km (300 myl) |
Mondinghoogte | 0 m |
Stroomgebiedopp. | 14 700 km² |
In 1907 is die gebied tussen die Swakop- en die Kuisebriviere deur die destydse Duitse koloniale administrasie as 'n wildspark verklaar. Die gebied is tans deel van die Namib-Naukluft Nasionale Park.
In Januarie 2005 het die Kuiseb na jare weer die oseaan bereik.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kuiseb.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.